VAKATURES

VOLTYDSE TENNISAKADEMIE

GELEENTHEID OM TE TENDER

Die HMS Bloemhof in Stellenbosch nooi gekwalifiseerde tennisafrigters uit om vir die bedryf van ’n voltydse tennisakademie by die skool te tender. Die afrigter sal die geleentheid hê om die tennisakademie in private hoedanigheid vanaf die skool se tennisbane te bestuur teen ‘n verhuringskoste.

VEREISTES:
 
  • Minimum Vlak 2-afrigtingskwalifikasie – “Advanced Tennis Instructor”
  • Registrasie by ITF / Tennis Suid-Afrika
 VERWAGTINGE:
 
  • Bestuur van ’n hoë prestasie tennisprogram vir Bloemhof- en ITF-spelers.
  • Afrigting van Bloemhof se tennisspanne – spesifiek die eerste tennisspan – in tegniese, taktiese asook psigiese aspekte van die sport.
  • Aanstelling van afrigters vir alle skoolspanne wat in die skoleliga en aan toernooie deelneem.
  • Bywoning van nasionale en plaaslike skooltoernooie.
  • Samewerking met die skool se tennisbestuurder in terme van administrasie en beplanning.
  • Werwing van top junior tennisspelers vir die skool.
  • Handhawing en uitbou van ’n gesonde tenniskultuur by die HMS Bloemhof.
Sluitingsdatum vir aansoeke:
20 November 2023 om 12:00
 

Tenders moet ’n dekbrief, ’n CV (met drie kontakbare referente) en gewaarmerkte kwalifikasies insluit.

Rig aansoeke aan:
info@bloemhofschool.co.za

 
 

Vakatures