Toneel
Die Bloemhof-toneelgroep neem jaarliks aan ten minste drie interskool-kompetisies deel. Die groep het die afgelope paar jaar groot sukses behaal in die finale-afdeling van die ATKV se Tienertoneelfees. In 2012, 2013 en 2015 eindig hulle 1ste in Suid-Afrika. In 2017 word hulle as die naaswenners van dié gesogte toneelkompetisie aangewys en in 2018 as die algehele wenners.
Die leerders is van die toptalent in die land en baie kan sing, dans en toneelspeel. Hierdie talente word deur sowel die choreografie en tegniese aspekte, in stukke wat spesiaal vir hulle geskryf word, ten toon gestel. Die mikpunt is egter om talent te ontwikkel en die ervaring te geniet. Met die oog op ontwikkeling van talent word daar in 2019 twee toneelstukke aangebied en albei van hierdie word deur die leerders geskryf en ontwikkel.