SWEM

Bloemhof se swem is gemik op die leerders wat wil deelneem aan gesonde oefening en sekere swemvaardighede wil aanleer. Die beste swemmers word in die swemspan opgeneem, maar leerders kan ook deel van ’n  sosiale swemklub wees wat twee keer per week in Bloemhof se swembad oefen.  

Daar is jaarliks twee groot galas waaraan Bloemhoffers deelneem:  Die Frank Myburgh Twilight Gala en die 4M-interskole gala.  By die 4M-gala swem Bloemhoffers teen leerders van Rhenish, HMS Paarl en HMS La Rochelle – ‘n hoogtepunt op die swemkalender.

me. Illse Davdis

swem@bloemhofschool.co.za

021 887 3044 (uitbreiding 2:  Sportkantoor)

  • Laai die swemkrooster HIER af
  • Dit is noodsaaklik vir swemmers om swemoefeninge getrou by te woon

  • Hierdie byeenkomste-rooster kan HIER as ‘n PDF afgelaai word.