Stigtersdag, een van Bloemhof se Groot Dae, word in Maart gevier en herdenk die stigting van ons skool. Vanjaar vind die formele Stigtersdagvieringe op Vrydag, 9 Maart tussen 12:00 en 13:00 in die Bloemhof Sentrum plaas.
Alle lede van die Bloemhofbond, wat alle “Old Girls” en oud-onderwysers insluit, word uitgenooi om Stigtersdag by te woon. Kontak gerus die Bloemhofbond (bloemhofbond@bloemhofschool.co.za) indien daar enige navrae is.