SPORT

SPORTPROGRAMME

Besigtig en laai sportprogramme en wedstrydbepalings hier onder af.

Die HMS Bloemhof se Sportprogram is een van die beste in die land met uitstekende afrigters en spesialiste wat ons leerders se volle potensiaal help ontwikkel.

TENNIS

Bloemhof se tennisspanne neem jaarliks deel aan die Cavaliers tennisliga. Die o.15 A, B en o.19 A – D spanne neem deel aan die A en B ligas en presteer uitstekend.  Ons wissel weekliks, spelers mekaar af , om alle spelers ’n kans te gee om kompetisie tennis te speel.

Toernooie:

  • Gerrie Berner Tennis Toernooi – Paarl
  • Amanda Coetzer Toernooi – Bloemfontein
  • All Girl’s Tennis Toernooi
  • St Mary’s Tennis Toernooi – Waverly
  • Menlo Park Tennis Toernooi – Pretoria
  • Hoerskool Stellenbosch Maretha Burger Tennis Toernooi (saam met Paul Roos) – Stellenbosch
  • HS Hugenote Tennis Toernooi – Wellington

Bloemhof tennisspelers word jaarliks gekies vir Wynland streeksspanne asook Cavaliers of Wynland spanne, waar hulle die provinsies by toernooie verteenwoordig. Bloemhof spelers word in SA spanne opgeneem en ons land oorsee verteenwoordig. Op individuele vlak het baie spelers ook uitstekend in TSA en junior ITF-toernooie gevaar. 

Elke jaar is daar spelers wat onder die top 5 op die TSA ranglys presteer.

Die sukses van Bloemhof tennis is te danke aan bekwame afrigters en spanbestuurders.

Sosiale Tennis: Dit is vir spelers wat reeds kan tennis speel, maar wat nie in spanne wil kompeteer nie. Hulle speel dus sosiaal tennis,  twee keer ‘n week.

Interne Proewe: daar word jaarliks as volg proewe gespeel (Alle spelers wat aan ligawedstryde en/of toernooie wil deelneem)

  • September: o.15 – o.19 proewe 
  • Desember/Januarie: Gr 8 en o.19A proewe

Sportbestuurder: Tennis – Carine Comerma

E-pos: tennis@bloemhofschool.co.za 

Tel: 021 887 3044

 

HOKKIE

Bloemhof se hokkie het die afgelope jare drasties gegroei. Ons het 12 hokkiespanne, o.14A-C, o.16A – E en o.19A -D. 

Toernooie:

  • All Girl’s Hokkie Toernooi
  • St Mary’s Hokkie Toernooi – St Mary’s Waverly Johannesburg 
  • Bloemhof Fairtree o.14AB Hokkie Toernooi
  • Bloemhof Fairtree o.16AB Hokkie Toernooi
  • Bloemhof Fairtree o.16A All Stars Hokkie Toernooi

Topskole:

Oor die afgelope paar jaar het ons o.14A – o19A aan hul onderskeie Top 12 hokkietoernooie deelgeneem. Onvergeetlike oomblikke

2022 – o.14A eindig 2de en in 2023 – o.16A eindig 2de in die land

Bloemhof hokkiespelers word jaarliks gekies vir Boland streeksspanne asook IPT spanne, waar hulle die provinsies by toernooie verteenwoordig. Bloemhof spelers word in SA spanne opgeneem. Die sukses van Bloemhof hokkie is te danke aan bekwame afrigters en spanbestuurders.

Sportbestuurder: Hokkie – Illse Davids

E-pos: hokkie@bloemhofschool.co.za 

Tel: 021 887 3044

 

Jy kan ook jou potensiaal by die HMS Bloemhof ontdek en ontwikkel!