TENNIS

Bloemhof se tennisspanne neem jaarliks deel aan die Cavaliers tennisliga. Die o.15 A, B en o.19 A – D spanne neem deel aan die A en B ligas en presteer uitstekend. Bloemhof wen in totaal 80% van alle wedstryde wat gespeel is.  Die fokus van ligawedstryde is om alle spelers ’n kans te gee om te speel en daarom wissel spelers mekaar af. 

Verskeie spanne kry deur die jaar die geleentheid om Bloemhof by toernooie te verteenwoordig. In die eerste kwartaal neem die o.19 gemengde span deel aan Agnes Pauw, die o.19B span neem deel aan CR van der Merwe en ons o.19A span neem deel aan die gesogte Gerrie Berner Toernooi. Tydens die 2de kwartaal neem die o.19 A span deel aan All Girls in Bloemfontein. Ons 1ste span, neem ook jaarliks in Mei maand deel aan die Amanda Coetzer Toernooi. Bloemhof is die skool wat die toernooi nog die meeste kere gewen het. 

Deur die jaar vind die o.16 Rising Stars nasionale toernooi plaas. Die o.16A span van 2021 en 2022 het in twee agtereenvolgende jare dit vermag, om genooi te word na die BNP Paribas finaal wat in Gauteng aangebied word. Die laaste jaar was Bloemhof aangewys as die 2de beste span in die land. 

Vele Bloemhof tennisspelers word jaarliks gekies vir Wynland streeksspanne asook Cavaliers of Wynland spanne, waar hulle die provinsies by toernooie verteenwoordig. Op individuele vlak het baie spelers ook uitstekend in TSA en junior ITF-toernooie gevaar. Elke jaar is daar spelers wat onder die top 5 op die TSA ranglys presteer.

Die sukses van Bloemhof tennis is te danke aan bekwame afrigters en spanbestuurders.

 

Hoofafrigter:

Roxanne Clarke

Kontak besonderhede: 

E-pos: roxannecaitlinclarke@gmail.com

Tel: 082 493 2284

 

Sportbestuurder: Tennis – Carine Comerma

E-pos: tennis@bloemhofschool.co.za 

Tel: 021 887 3044

 

KOM SPEEL VIR BLOEMHOF TENNIS!

Sosiale Tennis: Dit is vir spelers wat reeds kan tennis speel, maar wat nie in spanne wil kompeteer nie. Hulle speel dus sosiaal tennis,  twee keer ‘n week.

 

Interne Proewe: daar word jaarliks as volg proewe gespeel (Alle spelers wat aan ligawedstryde en/of toernooie wil deelneem)

  • September: o.15 – o.19 proewe (Almal behalwe o.19A)

  • Januarie: Gr 8 proewe (slegs 12 spelers word gekeur)

  • o.19A proewe (spelers word einde van die vorige jaar geidentifiseer)

  •  

Vir meer inligting :  Kontak Me C Comerma by tennis@bloemhofschool.co.za