Die Fidelis,Bloemhof se skoolkoerant, lig Bloemhoffers op ’n interessante manier in oor gebeure in én om die skool en verskyn een keer per kwartaal.
Die redaksiespan, tans onder leiding van Rentia-Marié Meyer, bestaan uit kreatiewe Bloemhoffers wat as joernaliste, fotograwe, lllustreerders en grafiese ontwerpers optree om die skoolkoerant saam te stel. Die uitlegspan gebruik professionele sagteware om die die teks en grafika uiteindelik op die bladsye te laat dans.
Redaksielede, wat uit graad 8-12’s bestaan, kan in ’n veilige omgewing hulle potensiaal ontdek, ontwikkel en hulle talente slyp vir die dag as hulle eendag in die uitgewersbedryf of koerantwese wil werk.
Redaksie: hmsbfidelis@gmail.com
Onderwyser-in-beheer: renebadenhorst@bloemhofschool.co.za