POPIA
U persoonlike inligting is vir ons belangrik
Die Hoër Meisieskool Bloemhof het nog altyd u en u dogter(s) se persoonlike inligting as belangrik geag. Die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 (POPIA) het addisionele maatstawwe neergelê waaraan ons as skool moet voldoen.
Alle ouers/voogde (of matrikulante wat 18 jaar en ouer is) moet die volgende doen:
- Lees die dekbrief om te verstaan waarom POPIA belangrik is en hoe dit u en u dogter(s) raak
- Volooi Vorm A én Vorm B
- Stuur hierdie twee vorms aan popia@bloemhofschool.co.za
WAT AS U NIE TOESTEMMING WIL GEE NIE?
Sou u verkies om NIE toestemming te gee dat u dogter(s) se foto’s/beelde/video’s deur die skool gebruik word NIE (Vorm A) of NIE toestemming gee dat u persoonlike inligting vir bemarkingsdoeleindes verwerk word NIE, word u gevra om ook hierdie Google Form ook te voltooi. Dit is slegs ’n ekstra kontrole om seker te maak ons kan u besluit om u persoonlike inligting te beskerm, eerbiedig.
NAVRAE
Ouers/Voogde wat enige navrae het, kan dit via e-pos aan die Adjunk-Inligtingsbeampte by popia@bloemhofschool.co.za rig.
Die vorms kan by die onderstaande skakels gevind word en die kantoor (ontvangs@bloemhofschool.co.za) kan u dogter van harde kopië voorsien indien u dit verkies.

Hoër Meisieskool Bloemhof
Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Posbus 188, Stellenbosch, 7599
021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za