Orkeste

Bloemhof is bevoorreg om leerders in twee orkeste te hê: Bloemhof se Stringendo Strykensemble en Musica Perpetua, ‘n blaasorkes wat deur Paul Roos Gimnasium bestuur word. 

Die Stringendo Strykensemble, met me. Amoré Steyn as dirigent, bestaan uit 20 strykinstrumente en sluit leerders van ons broerskool in. Die orkes tree by al die groot skool-geleenthede op, verskaf begeleiding tydens Maandae se saalperiodes en neem jaarliks aan kunswedstryde deel. Stringendo is in 2017 aangewys as die Beste Gemengde Ensemble op die Paarl Vallei Eisteddfod. 

‘n Baie opwindende projek vir 2019 was die Stringendo-toer wat in Junie plaasgevind het.  Die toergroep bestaan uit Stringendo asook die nuwe Jazz-ensemble (gestig Januarie 2019) en albei groepe gaan aan die Internasionale Jeug Musiekfees in Bratislava, Slowakye deelneem.  Hulle gaan ook Hongarye, die Tsjeggiese Republiek en Oostenryk besoek.

 

Stringendo

Marimbas

Stringendo Dirigent

Pieter Adriaan Stofberg

Bestuurder

Liesl Kotzé

Marimba Afrigters

Ons het tans meer as 120 leerders wat marimba lesse neem. Ons onderskeie marimba-groepe oefen elke oggend voor skool. Die aanvraag vir meer marimba-groepe is groot! Ons sal graag meer leerders wil akkommodeer, maar weens die feit dat ons slegs een stel marimbas het, is ons beperk.

Suné van Wyk

Dinie Basson

Chester Meyer