NETBAL
Netbal is een van Bloemhof se gewildste sportsoorte en ‘n heerlike manier om in die winter aktief te bly. Ons het in tans 30 spanne wat in alle ouderdomsgroepe kompeteer. Daar word jaarliks met baie bekwame afrigters kontrakte gesluit om te verseker dat ons spelers die beste afrigting sal kry. Sasha-Lee Peters, ‘n voormalige speler vir Maties en lid van die Baby Proteas (2015-2016) en die Protea-groep (2019-2020), rig vanaf 2021 ons o.19A-span af. Bloemhof ding mee in die Boland-area en het ook jaarliks ‘n goeie kwota provinsiale spelers wat aan die SA-kampioenskappe deelneem.
Die hoogtepunt op die netbalkalender is ons jaarlikse uitruil met Oranje Meisieskool van Bloemfontein. Ons kele is gewoonlik hees geskree na ‘n naweek van waardige kompetisie, al kan die skaal na enige kant toe swaai! Toernooie vir vanjaar sluit in: Quest for the Best, Menlo-toernooi, HMS Paarl-toernooi, La Rochelle-toernooi, Stellenberg-toernooi, Wildeklawer-toernooi, All Girls-toernooi Potchefstroom, SASN DSTV Skole-kampioenskap (Top skole), SASN Skole-kampioenskap (Top skole) sowel as die Fairtree Hokkie- en netbaltoernooi.
In 2017 was Bloemhof se o.16A-span 2de en ons o.19A-span 4de in Suid-Afrika by die Nasionale Topskole Netbal-kampioenskappe in Boksburg. In 2018 eindig die o.14A-netbalspan vyfde by dié kompetisie en in 2019, tydens die Kay Motsepe Netbaltoernooi, palm hulle die silwer medalje in. In 2019 haal twee Bloemhoffers – Lenka Steenkamp en Ferren Linders – albei die SA o.16-span. Lenka is dan ook in 2021 as die kaptein vir die o.19A’s verkies.
Netbalorganiseerder:
Zelda Botha
E-pos: netbal@bloemhofschool.co.za
Tel: 021 887 3044
Hoofafrigter:
Sasha-Lee Peters
E-pos: netbalafrigter@bloemhofschool.co.za.
NETBAL-NUUS
Interskole 2019 beloof om gróót te wees
Dis met groot opwinding dat die Bloemhoffers vanjaar die leerders en personeel van die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje inwag. Graag nooi ons Bloemhofouers, -leerders, -oudleerders
Uitslae: Netbal teen La Rochelle
Marné Louw (o.14C) in aksie tydens die wedstryd teen La Rochelle. Foto: Stephan Meyer Vanjaar slaag die Bloemhofnetbalspanne daarin om 14 van die 15 wedstryde
Netbal seëvier in George
Die graad 12-spelers staan na afloop van die laaste wedstryd voor die ander spanne toe die skoollied gesing word. Foto: Stephan Meyer Vir die eerste
KENNISGEWINGS
Netbalafrigters Benodig
Sportprogramme 2022-2023
SuperSport Schools App: Kyk regstreeks saam
Hoër Meisieskool Bloemhof
Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Posbus 188, Stellenbosch, 7599
021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za