
LANDLOOP
Landloop is sedert 2017 ’n amptelike skoolsport by die HMS Bloemhof en groei aansienlik in 2018 – daar is sowat 40% meer deelname. Bloemhoffers wat kies om landloop te doen, skryf vir die Boland Landloopliga in en neem aan verskeie byeenkomste deel.
Twee hoogtepunte op die landloopkalender is die Wintersweekbyeenkoms teen Rhenish Girls’ High School in Julie en die groot kragmeting teen Oranje Meisieskool by die Interskole in Augustus.
Landloopatlete het ook die geleentheid om vir die Boland-, Wes-Kaap- en SA-span te hardloop.
me. Julie Longden
Sportbestuurder: Atletiek & Landloop
atletiek@bloemhofschool.co.za
021 887 3044 (uitbreiding 2: Sportkantoor)
- MAANDAE om 17:15 by die Markötter Sportgronde
- WOENSDAE om 14:30 op die Janine Visser Atletiekfasiliteit by Bloemhof
- VRYDAE om 05:45 – ontmoet mekaar by die koshuishek; onthou jou kopliggie!

LANDLOOP-NUUS

Interskole 2019 beloof om gróót te wees
Dis met groot opwinding dat die Bloemhoffers vanjaar die leerders en personeel van die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje inwag. Graag nooi ons Bloemhofouers, -leerders, -oudleerders

Landloop tans tops in liga
Aan die einde van die kwartaal getuig Bloemhof se landloopspanne van harde werk wat vrugte afwerp. Beide junior- en seniorspanne lê na vier byeenkomste eerste
KENNISGEWINGS