Huis Hofmeyr
Huis Hofmeyr, in blou, dra die naam van Prof. Nicolaas Jacobus Hofmeyr, een van die stigters van ons skool.
Huis Hofmeyr het in 2017 weer die interhuisatletiek gewen en is vir die eerste keer in ‘n lang tyd met die Huisbeker beloon.
Huis Joubert
Huis Joubert, in rooi, dra die naam van mej. Lucie Joubert, Bloemhof se eerste Afrikaanse (en Suid-Afrikaanse!) skoolhoof.
Huis Joubert het die afgelope twee jaar die interhuisatletiek se geesbeker verower en in 2015 en 2016 die Huisbeker ingepalm.
Huis Neethling
Huis Neethling, in groen, is vernoem na ds. Johannes Henoch Neethling, wat in 1874 saam met prof. Hofmeyr en prof. John Murray Bloemhof gestig het.
Neethling het die interhuisswem en die interhuiskultuur in 2017 gewen, maar in 2014 laas die Huisbeker vasgehou.