
HOKKIE
HOKKIE
Daar is tans 11 hokkiespanne wat in die volgende ouderdomsgroepe kompeteer: o.14, o.16 en o.19. Hierdie spanne ding hoofsaaklik in die Boland-area mee, maar daar word ook teen sterk Kaapse skole soos DF Malan en Herschel gespeel. Elke jaar lewer Bloemhof ook heelwat provinsiale spelers op wat aan die SA-kampioenskappe deelneem asook spelers wat in nasionale spanne of oefengroepe opgeneem word.
Aan die stuur van hokkiesake is me. Illse Davids, tot en met 2018 ‘n Protea-hokkiespeler, wat ook die o.16’s afrig. Me. Jenny King, voormalige afrigter van die SA vroue-hokkiespan en bestuurder van Bloemhof se Hoë Prestasie Sport, rig die o.19A’s af.
Bloemhof se hokkiespanne oefen op ons astro en die o.14A-, o.16A- en o.19A-spanne neem jaarliks aan verskeie toernooie deel. Daar word vir alle spanne wedstryde gereël en geleenthede geskep om as hokkiespelers te ontwikkel.
Daar is tans 11 hokkiespanne wat in die volgende ouderdomsgroepe kompeteer: o.14, o.16 en o.19. Hierdie spanne ding hoofsaaklik in die Boland-area mee, maar daar word ook teen sterk Kaapse skole soos DF Malan en Herschel gespeel. Elke jaar lewer Bloemhof ook heelwat provinsiale spelers op wat aan die SA-kampioenskappe deelneem asook spelers wat in nasionale spanne of oefengroepe opgeneem word.
Aan die stuur van hokkiesake is me. Illse Davids, tot en met 2018 ‘n Protea-hokkiespeler en in 2022 die SA o.16-afrigter, wat ook die o.14’s afrig. Me. Jenny King, voormalige afrigter van die SA vroue-hokkiespan en bestuurder van Bloemhof se Hoë Prestasie Sport, rig die o.19A’s af.
Bloemhof se hokkiespanne oefen op ons astro en die o.14A-, o.16A- en o.19A-spanne neem jaarliks aan verskeie toernooie deel. Daar word vir alle spanne wedstryde gereël en geleenthede geskep om as hokkiespelers te ontwikkel.
me. Illse Davids
Sportbestuurder: Hokkie & Swem
021 887 3044 (uitbreiding 2: Sportkantoor)
Volledige oefentye is by /oefentye beskikbaar.
HOKKIE-NUUS

Interskole 2019 beloof om gróót te wees
Dis met groot opwinding dat die Bloemhoffers vanjaar die leerders en personeel van die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje inwag. Graag nooi ons Bloemhofouers, -leerders, -oudleerders

Hokkie onder land se tien bestes
Vir die eerste keer word twee van Bloemhof se A-hokkiespanne onder die top 10 in die land gereken nadat die o.16’s en die o.19’s die

Uitslae: Hokkie teen HHH
Vier Bloemhof Investec Hokkiespanne het op 13 Julie spanne van die Hoërskool Hottentots-Holland van Somerset-Wes die stryd aangesê en almal oorwinnings ingepalm. Die volledige uitslae
KENNISGEWINGS
Hokkiewedstryde 14 & 15 April
Hokkieafrigters Benodig 2023
Sportprogramme 2022-2023
Hokkie Wedstrydbepalings vs Parel-Vallei

Hoër Meisieskool Bloemhof
Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Posbus 188, Stellenbosch, 7599
021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za