WANNEER?

Ons vlieg op Woensdag, 10 Junie 2020 na Europa en sal op Woensdag, 24 Junie 2020 in Kaapstad land. Die toer vind oor die winter-vakansie plaas.

WAARHEEN?

Ons besoek onder andere Rome, Napels, Pompeii, Pietrapertosa, Dubrovnik en Zagreb.

WAT?

Die toer vorm deel van ‘n kultuurtoer en die idee is om die kultuur en geskiedenis van Italië en Kroasië eerstehands te beleef.

WIE?

Huidige graad 9-leerders (graad 10 2020) kan hier aansoek doen.

ALGEMENE TOER-INLIGTING


Toerdatums

Vertrek vanuit Kaapstad op Woensdag, 10 Junie 2020.

Arriveer in Kaapstad op Woensdag, 24 Junie 2020.


Plekke wat besoek word

Italië:

  • Rome
  • Napels
  • Pompeii
  • Pietrapertosa

Kroasië:

  • Dubrovnik
  • Zagreb

Voorlopige toerprogram

’n Voorlopige toerprogram is in die inligtingsdokument ingesluit, maar die volgende word beplan:

  • Reis van Kaapstad na Rome, die Italiaanse hoofstad
  • Vier dae in Rome (11-15 Junie)
  • Reis per bus na Napels.  Van hier word daguitstappies na Pompeii en Pietrapertosa beplan.
  • Vier dae in Napels (15-18 Junie)
  • Reis per oornag-veerboot vanaf Bari (Italië) na Dubrovnik (Kroasië)
  • Drie dae in Kroasië (19-21 Junie)
  • Reis per trein (of bus) na Zagreb, die Kroasiese hoofstad
  • Drie dae in Zagreb (21-23 Junie)
  • Reis vanaf Zagreb na Kaapstad

Verblyf en etes

In Rome, Napels, Dubrovnik en Zagreb sal ons in jeugherberge (“youth hostels”) tuisgaan. Leerders deel ’n kamer en kan self besluit hoe hulle onder mekaar wil indeel. Meeste hostels bied kamers vir 8, 6 of 4 persone en verskaf ontbyt. Op die eerste aand in ’n stad word die groep vir aanete in ’n restaurant uitgeneem, maar op die daaropvolgende aande sal hulle ’n bedrag kontant ontvang om hul eie aandete te gaan koop. Middagetes is nie by die pakket ingereken nie en word uit sakgeld gekoop.


Koste

Die toer se beraamde koste beloop R45 000 en sluit die volgende in:

  • Alle vlugte, busvervoer, trein- en tramkaartjies
  • Verblyf in Rome, Napels, Dubrovnik en Zagreb
  • Ontbyt en aandetes (aandetes is soms ‘n kontantbedrag sodat leerders self aandete kan koop)
  • Toegang tot museums en monumente soos in die finale toerprogram
  • Gidsfooie
  • Reisversekering
  • 12,5% bydra tot die twee personele se reiskoste

Die volgende is NIE by die toerpakket ingesluit nie:

  • Visumaansoek (Ongeveer R1500)
  • Sakgeld (Die EU vereis ’n minimum balans van €60.00 per dag om in u dogter se rekening te reflekteer as daar om ’n visum aansoek gedoen word — dit werk op om en by R11 500 vir die twaalf dae uit as die wisselkoers op R16.10 per Euro bereken word)
  • Middagetes (betaalbaar uit bogenoemde sakgeld)
  • Aansoekfooie vir paspoorte, geboortesertifikate ens.

Die toergeld is as volg betaalbaar en word direk in die skoolfondsrekening betaal. Daar moet asb. streng by dié skedule gehou word

  • 31 Julie 2019: R5 000 (deposito, nie terugbetaalbaar)
  • 31 Augustus 2019: R4 500
  • 30 September 2019: R4 500
  • 31 Oktober 2019: R4 500
  • 30 November 2019: R4 500
  • 31 Desember 2019: R4 500
  • 31 Januarie 2020: R4 500
  • 29 Feberuarie 2020: R4 500
  • 31 Maart 2020: R4 500
  • 30 April 2020:  Balans en visumfooie