Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Menu

COVID-19 NASIONALE INPERKING: 

Klik HIER vir inligting oor hoe die COVID-19 Nasionale Inperking ons raak.

Fidelis logo

AMPTELIKE SKOOLKOERANT VAN HOËR MEISIESKOOL BLOEMHOF. 

Redaksioneel
Liewe Bloemhof || Onderwysers as kinders: wat op aarde? || Bloemie die Buffel || Redaksie 2019/20
Aktueel
Corona: Bier of Virus? || Welkom in Bloemhof || Vooropgestelde Sabotasie deur die Opposisie || Omgewingskrisisse wat deur Australië se bosbrande veroorsaak word || Nuusflitse
Menings
Canned, captive and catastrophic || Maak al die ure se werk werklik 'n verskil? || Emigrasie na Portugal || Wat maak 'n goeie onderwyser?
Mode en Sosiaal
Só eet jy gesond || Own Every Second || Dié kasteel staan noou leeg! || Kom ons steel ń bietjie styl
Kultuur
Yo-Yo Ma in Suid-Afrika || Man, wat praat jy nou? || Waar kan jy help? || Spotprent || Mentorprogram: moet of moenie?
Kampterugvoer
Graad 9-kamp || Graad 11-kamp || Musica Perpetua en Stringende Kamp || Jazz-band dagkamp || Accelerando koorkamp || Graad 8 JIB-kamp
Sport
Shinsplits: Wat jy moet weet || 4M || Spotprent || Interview with Coach Palframan
Previous
Next

Veels Geluk, Bloemhof

Stigtersdag2020_SMeyer_91

Foto deur S. Meyer

Anje Dercksen

Sokkies hou in die skoolsaal met musiek uit die 80’s, pouse se gesels, swemgalas, matriekafskeid in die stadsaal met ‘gepermde’ hare,  heen en weer oorslaap in die koshuis, huiswerk afskryf…

Dít is wat die oud-Bloemhoffers van hul alma mater en hoërskooljare onthou.

Op Vrydag 13 Maart het ons Bloemhof se 145ste verjaarsdag gevier. Hierdie dag is altyd ‘n groot hoogtepunt in ons kalenders omdat dit geleentheid bied vir ‘n klomp dames van regoor die land, en selfs wêreld, om bymekaar te kom en een ding wat hulle in gemeen het, te vier: Bloemhof-liefde.

‘n Spesiale gas het die dag by ons gekuier: Mevrou Barbara van Niekerk (née Morrison), gebore 17 November 1926. Sy was in 1943 in matriek – 77 jaar terug!

Twee ander spesiale gaste was Mevrous Carin Feirreira (née Meiring) wat in 1945 in matriek was en mevrou Ode Krige (née Weiss) wat in 1956 in matriek was.

Hierdie jaar se formele reüniegroepe was die klasse van 1945, 1950, 1955, 1960, 1965, 1970, 1975, 1980, 1985, 1990, 1995, 2000, 2010 en 2015. Die 2005-groep het ongelukkig vanjaar se vieringe misgeloop.

Die Bloemhofbond, onder leiding van mevrou Maryna de Waal en mevrou Hette-Lize Marshall, het ‘n uitstekende oggend aangebied en ongeveer 2000 ‘old girls’ het Vrydagoggend saam gekuier en stories oor húlle skooldae met mekaar gedeel. Daar het egter nóg “Bloemhof-kuiers” die naweek plaasgevind tussen ‘old girls’ wat weens ander verpligtinge nie Vrydag se Stigtersdagverrigtinge kon bywoon nie.

Hoe lekker is dit nie om te sien en te hoor hoe oud-Bloemhoffers hul skooldae mis, hul alma mater liefhet  en so graag wil terugkeer nie? Ek is seker almal van ons het met ‘n lekker glimlag op ons gesig gesit tydens mevrou Wilma van Jaarsveld (1985 matriek) se terugdink-oomblikke-toespraak, Vrydag tydens saal.

Mag Stigtersdag vir ons ‘n herinnering wees dat ons  deel van ‘n puik skool is en elke oomblik voluit moet geniet – want voor ons ons oë kan uitvee, gaan ons deel van die ‘old girls’ groep wees wat met trane in hul oë na hul hoëskooldae terugverlang.

Redaksioneel

Liewe Bloemhof

Welkom by die Bloemhof-lewe! Dis angswekkend en sal jou stresvlakke verhoog – maar jy gaan mal wees daaroor!

Die graad 8-Ploffies het met ‘n slag in die skool se gange leer ontplof, en die matrieks het uiteindelik uitgevind waaroor die bohaai van matriekwees gaan. Graad 11’s beleef hul eerste (regte) akademiese druk en die graad 9’s is net dankbaar hulle word nie meer die “kleintjies” genoem nie. Te midde van al die opwinding oor die nuwe grasgang, Bloemhof wat 145 jaar oud is, Mandaryns wat deesdae deur die gange weergalm en natuurlik, die beste 4M en interessantste Prestige nog, is ons wêreld egter met groot smart en onsekerheid getref. Die Covid-19, of altans, die koronavirus.

Die Fidelis dek weereens hierdie kwartaal ‘n verskeidenheid kwessies. Andrea Visser en Mienja Strauss lig ons blitsig in oor dinge waarvan ons moet weet in Nuusflitse, Elsa-Marié vertel ons van Yo-Yo Ma se besoek aan Suid-Afrika terwyl Anje vir die matrieks raadgee oor hoe om 2020 ‘n jaar om te onthou te maak.

Die vakansie begin nou drie dae vroeër, en dit word ook voorlopig met ‘n week verleng – waaroor almal natuurlik juig. Dit is egter nie soos altyd ‘n tyd om pret te hê of jou laaste tan voor Desember op die strand in te werk nie. Dis ‘n kans om social distancing toe te pas (opvang met Netflix of weer jou oë gewoondmaak aan lees-’n-boek) en jouself veilig te hou van die wêreldwye pandemie.

Geniet nietemin die vakansie en bly veilig! (Vir die introverte: Knap gedaan – julle het julle hele lewe vir hierdie situasie voorberei!)

Redakteur
Rentia

Redaksie 2019/20

Redakteur
     Rentia Meyer
Subredakteur
     Mia Decinti 
Uitleghoof
     Katryn Groenewald
Onderwyser
     René Badenhorst
Joernaliste
     Marelie Botha
     Anje Dercksen
     Lisa de Wet
     Lisa Dudley
     Nina Fourie
     Andri Malan
     Carla Müller
     Lara Potgieter
     Simoné Steyn
     Mienja Strauss
     Elsa-Marié van der Watt
     Elke van Wyk
     Andrea Visser
Fotograwe
     Klarissa Bekker
     Zia Geldenhuys
Illustreerders
     Zia Geldenhuys
     Dané van der Nest
     Alyssa Viviers
Sosiale Media:
     Jané Louw
     Andri Malan
Uitlegspan
     Mia Ham
     Stefani Human
     Bianca Roode
     Clarisse Terblanche

Alles wat in hierdie uitgawe staan, weerspieël nie noodwendig die Fidelis se oortuigings nie.

Bloemie die Buffel

Die gedagtes van die gewone Bloemhoffer, in woorde gesit.

Bloemie, ons Bloemhofbuffel, is vreeslik opgewonde om te hoor dat Bloemie se sussies hierdie jaar derde (of is dit nou tweede?) gekom het by 4M! Bloemie is net effens hartseer dat sy broers oorkant Spar al weer Prestige se punte gevange gehou het…

Soos Bloemie aan die hitte van daardie dae dink, kan Bloemie nie help om gou by sy gunstelingkoffiewinkel aan te gaan nie. Bloemie stap verby die Terrabord en raak skoon trots op die Terra-span oor hulle herwinningsplanne! Alles egter verniet, want net daarna sien Bloemie koffiekoppies met deksels en strooitjies wat Bloemhoffers se hande verlaat om weggegooi te word in vullisdromme sonder skeidings.

Bloemie dink aan die altyd-groen gras in die glasgang om Bloemie se gedagtes op te kikker en dan wonder Bloemie of dit dieselfde Goeie Fee was wat ook die apparate in die gimnasium opgetower het en selfs vir nuwe muurpapier daar gaan sorg?

Die koue lug in die klasse doen Bloemie se konsentrasie goed, maar Bloemie hou nou elke periode ‘n boksie snesies en ‘n truitjie langs Bloemie se bank: nou-nou raak Bloemie ook soos die helfte van die Bloemhof-sussies siek! Bloemie dink ook hy gaan vakke verander om IGO te neem, want blykbaar word daardie sussies nie siek nie… Hulle het mos nie waaiers óf lugreëling nie!

Maar Bloemie moet nou hardloop om by die klas uit te kom! Die onderwysers begin mos deesdae nog voor die vyf minute vir ‘n rustige stappie verby is…

IMG_8895

Illustrasie deur Dané van der Nest

Onderwysers as kinders:
wat op aarde?

Lara Potgieter

Juffrou Potgieter as kind

Juffrou Potgieter:

1) Waar het Juffrou as kind die meeste vakansie gehou?

Junievakansie in die Kruger Wildtuin (tot vandag toe nog is dit my heel gunstelingplek in die wêreld) en Desembervakansies in Buffelsbaai of Stilbaai.

2) As Juffrou nou moet terugkyk na Juffrou se kinderjare, watter tipe kind was Juffrou? (bv: die stil enetjie, die energieke een, die boekwurm, ens.)

Ek was ‘n tomboy. Ek wou net saam met die seuntjies krieket speel en het nie baie dogtertjiemaatjies gehad nie. Ek het nooit stilgesit nie en was permanent besig om een of ander sport te beoefen.

3) Wat is een interessante feit oor Juffrou as kind?

Ek het ‘n verskriklike wil van my eie gehad. Ek wou alle besluite self geneem het. Toe ek 4 was, het een van my Ma se vriendinne vir my gevra wat my naam is en ek het net geweier om dit vir haar te sê. Toe sê sy: “Dan noem ek jou sommer Kokkeui.” My hele familie en al my ouers se vriende het my toe begin Kokkeui noem en toe ek 12 word en my ouers vra wat ek vir my verjaarsdag wil hê toe sê ek dat mense my asseblief net nie Kokkeui mag noem nie.

Juffrou Reynolds:

1) Waar het Juffrou as kind die meeste vakansie gehou?

Namibië, Onrus, Struisbaai

2) As Juffrou nou moet terugkyk na Juffrou se kinderjare, watter tipe kind was Juffrou? (bv: die stil enetjie, die energieke een, die boekwurm, ens.)

Ek dink ek was die energieke een en seker ook ‘n “pliggie”.

3DA69F6ABA4E47DEAC4883E92B61DC64

Juffrou Reynolds as kind

3) Wat is een interessante feit oor Juffrou as kind?

Ek was (is) mal oor skool en het aan alles deelgeneem waaraan ek kon deelneem!

Juffrou Joubert:

1) Waar het Juffrou as kind die meeste vakansie gehou?

Ons hat altyd kampvakansies by Onrusrivier gehou.

2) As Juffrou nou moet terugkyk na Juffrou se kinderjare, watter tipe kind was Juffrou? (bv: die stil enetjie, die energieke een, die boekwurm, ens.)

‘n Leier wat aan alles deelgeneem het en by elke komitee betrokke was… en ook die een wat eers in graad 12 werklik begin aandag gee het en BAIE hard begin werk het aan  akademie. Dit is nie aan te beveel nie!

3) Wat is een interessante feit oor Juffrou as kind?

Ek weet nie wat julle as interessant beskou nie! Ek is die oudste van 3 dogters wat almal op die 13de verjaar! In ons familie is dit dus ‘n baie gelukkige nommer!

Aktueel

Corona: Bier of Virus?

Mia Decinti

Die nuwe koronavirus (Covid-19), wat waarskynlik deur die diere by ’n kosmark in Wuhan, China versprei is, haal deesdae internasionale koerantopskrifte soos wat mediese personeel ’n teenmiddel navors.

Die versamelnaam “koronavirusse” word blykbaar aan ’n groep virusse toegeken wat oor die algemeen respiratoriese infeksies by mense insluit. Daar word egter na hierdie spesifieke virus as die “novel” koronavirus verwys, wat bloot beteken dat dit sy oorsprong by diere gehad het, en toe na mense versprei het.

Die owerhede het bewus geword van hierdie spesifieke koronavirus toe daar tussen laat Desember 2019 en vroeg Januarie 2020 ’n aansienlike getal penumonia-gevalle gerapporteer is. Daar is tans beperkte inligting rakende die presiese gevaar van hierdie virus, maar ons weet dat dit hoogs aansteeklik is, veral as ’n geïnfekteerde op jou hoes of nies.

Die sterftesyfer verander daagliks, maar op 11 April 2020 het die media aangekondig dat meer as 102 000 mense nou al slagoffers was. Op dieselfde datum was daar reeds meer as 1 700 000 geïnfekteerdes. Daar is al teen vroeg Maart 2020 van die koronavirus in Suid-Afrika gehoor en op 15 Maart het president Cyril Ramaphosa die nasie toegespreek, ’n noodtoestand afgekondig en sekere riglyne in plek gestel. Hierdie regulasies sal (hopelik) die verspreiding van die koronavirus verminder. Dit sluit onder andere ’n reisverbod na hoë risiko-areas in. Alle skole is ook voorlopig tot na Paasnaweek gesluit.

Hierdie relatiewe hoë sterfte- en geïnfekteerde-syfer het natuurlik ’n groot impak op die internasionale ekonomie. Dit is elkeen se verantwoordelikheid om hulself hieroor in te lig, die voorsorgmaatreëls te gehoorsaam en hulp te lewer waar hulle kan.

Illustrasie deur Alyssa Vivier

Die omgewingskrisisse wat deur die bosbrande in Australië veroorsaak word

Nina Fourie

Tydens Oktober 2019 het daar ‘n massiewe droogte in Australië uitgebreek. Dit het 95% van die state in Australië geaffekteer. Die droogte het meer as een struikelblok veroorsaak. Dit het veegetalle verminder, gewasse vernietig en het ook na gronderosie begin lei. Die grootste probleem wat die droogte egter tot gevolg gehad het, was die veldbrande.

 

Die veldbrande is veroorsaak deur uitermatige temperature wat tot en met 49 grade Celcius gestyg het. Oor die jare het Australiërs vuur gebruik om grasvelde te bevorder vir jag. Die hoë temperature, wat na bewering as gevolg van aardverwarming is, was maar net die brandstof vir die vure wat veroorsaak het dat die situasie handuit geruk het.

 

Die gevolge wat die brande veroorsaak, sluit in: habitatte van diere word vernietig, duisende diere sterf, mense se huise brand af saam met al hulle besittings, die rook veroorsaak gesondheidsprobleme vir mense en diere en dit dra ook by tot besoedeling. 18 miljoen hektaar van Australië is deur die brande vernietig. 5 900 geboue en 2 800 huise het afgebrand. Die brande was so nadelig dat daar meer as 1 miljard diere gesterf het. Die rook beïnvloed ook mense se gesondheid. Verkoues, asma en selfs longontsteking word veroorsaak wanneer rook ingeasem word. Brandwonde word opgedoen en in totaal het 29 mense hulle lewens verloor. Dierehospitale raak oorvol soos hulle alles in hulle vermoë doen om die diere te help.

 

Dierehospitale is regoor Australië opgerig op die diere te versorg wat deur die brande geraak is. Die meerderheid diere sluit in kangaroes en koalas. Bindi Irwin en Robert Irwin, die bekende Steve Irwin se kinders, volg in hulle pa se voetspore en het ‘n tydelike dierehospitaal vir die beseerde diere opgerig.

 

Op 7 Februarie het Australië baie reën ontvang wat baie hoop aan die vuurvegters gegee het. Daar het ongeveer 100 mm tot 150 mm reën in Nieu-Suid-Wallis geval. Op 3 Maart 2020 was dit wêreldwyd bekendgemaak dat alle brande geblus is. Na 240 dae se geveg teen die vure, het hulle dit uiteindelik reggekry om hierdie tragedie te oorwin.

twip-01-kangaroo-fires-ps-200102_hpMain_1_16x9_992 (1)

Foto van Australië se bosbrande

Welkom in Bloemhof

Elke van Wyk

Op Dinsdag 14 Januarie 2020 het 152 splinternuwe Bloemhof Ploffies die Bloemhofhekke binnegestorm. Die nuwelinge is afkomstig uit 55 laerskole, sommiges van sover as  Namibië af. Dit was ’n vreemde ervaring vir hulle om deur 560 Bloemhofdames omring te word. Die hartlike Bloemhofverwelkomingsgeleentheid dateer uit die 1900 en ná die Vrydagaand-oorslaap ken elke Ploffie die leuse: Semper fidelis – altyd getrou! Absurde haarstyle (wat voor eerste periode weer netjies moes wees), naamborde om die nekke en vuurhoutjieboksies wat opgepas is met hul lewens, was deel van hul daaglikse roetine. Die misterie agter die Blue Lady word in elke Ploffie se hart vasgelê. En dan, wanneer die verwelkomingsweek verby is, verstaan elke nuwe klein Bloemhoffertjie baadjietrots wanneer hulle tydens die saalbyeenkoms hul blazers ontvang en vir oulaas hul verwelkomingslied uit volle bors sing.

Vooropgestelde Sabotasie deur die Opposisie

Mienja Strauss

Op 20 Januarie 2017 – slegs 19 minute nadat Donald Trump ingehuldig is as die 45ste Amerikaanse president – het die Washington Post ‘n artikel gepubliseer getiteld “The Campaign to Impeach President Trump has Begun”. Dit was dus van Dag Een af duidelik dat sy politieke opposisie van plan was om “Impeachment” te gebruik as ‘n manier om die skokuitslag van die 2016-verkiesing omver te werp.

Maar wat is “Impeachment”? Die Stigtervaders van die VSA het in hul Grondwet toegelaat vir ‘n proses om ‘n president te herroep wat homself aan baie ernstige oortredings skuldig maak. Hulle het hierdie potensiële misdade losweg gedefinieer as Hoogverraad en ander “high crimes and misdemeanors”. Die Laer Huis van die Kongres sou dan die president amptelik moes “Impeach”, oftewel formeel in ʼn Staat van Beskuldiging plaas, met die Senaat wat dan besluit of die president afgedank moes word, of nie.

Na die 2016-verkiesing het president Trump se Republikeinse Party beide huise  van die Kongres beheer, so die voorstaanders van Impeachment het dus uit die staanspoor twee probleme gehad: hulle sou ‘n ernstige misdaad moes vind en ‘n meerderheid setels in die Kongres verkry.

Dit sou later aan die lig kom dat die Administrasie van president Barack Obama reeds voor die 2016-verkiesing op die Trump-veldtog spioeneer het onder die skyn van “Russiese inmenging” in die hoop om iets inkriminerend te vind. Wanneer sulke ernstige grense oorskry word, lei dit dikwels tot verdere grootse pogings om die aanvanklike magsvergryp te probeer verdoesel. Die Demokratiese opposisie het dit toe reggekry om ‘n amptelike ondersoek te loods onder aanvoering van Robert Mueller.

Hierdie drie jaar lange, multimiljoen dollar ondersoek sou uiteindelik voortduur tot na die 2018-Midtermyn verkiesings waar die Demokrate toe wel ‘n meerderheid in die Huis verkry het, maar nie in die Senaat nie. Een van die nuwe Demokratiese Kongreslede, Rashida Tlaib, het die euforie op ‘n uiters vulgêre wyse oorgedra deur in ‘n perskonferensie te verklaar “we’re gonna go in there and impeach the [gesensor].”

Alle hoop was toe op Mueller om die nodige ernstige oortreding te vind ten einde die hele skema tot volvoering te bring. Maar helaas, die ‘Mueller Report’ kon ook geen bewyse vind oor enige misdadige optrede nie, so ‘n nuwe rigting moes ingeslaan word.

President Trump was reeds byna in die finale jaar van sy eerste termyn, so daar moes gou gespeel word. ‘n Sogenaamde “fluitjieblaser” het toe na vore getree met ʼn weergawe van ʼn gesprek tussen president Trump en sy Oekraïniese eweknie. Volgens hom het die VSA na bewering druk op Oekraïne probeer plaas om skietgoed op ‘n politieke opponent van Trump te probeer kry. Daar is waarskynlik gehoop dat Trump nie sy privaat gesprekke met ander leiers sou wou bekend maak nie aangesien geen president toekomstige gesprekke dan as heeltemal privaat en sekuur sou kon sien nie. Trump het egter nie geaarsel nie, en die volledige transkripsie onverwyld gepubliseer .

Weereens was daar duidelik geen ‘high crime” of selfs “misdemeanor” nie, maar met die tyd wat uitloop het die Demokrate toe wel voortgegaan deur twee Artikels van “Impeachment” op te trek. Die eerste het generies gehandel oor “Abuse of Power”, of Magsvergryping, wat in die verlede teen alle vorige presidente beweer is en nie opsigself eers as ‘n misdaad geklassifiseer is nie.

Die tweede aanklag het gehandel oor “Obstruction of Congress”, oftewel wetsverydeling, aangesien die president sy grondwetlike regte gebruik het om hom tot howe te wend waar hy van die Kongres se hantering van die saak verskil het.

Ten spyte van tweepartydige opposisie is beide artikels toe egter wel aanvaar en die saak is na die Senaat verwys waar president Trump toe onskuldig bevind is op beide aanklagte.

Die “impeachment”-proses wat reeds vanaf die inhuldiging – en selfs vroeër – op die tafel was, is na hierdie terugslag egter steeds nie afgekeur nie. Baie Demokrate glo dat die kandidate tans tot hul beskikking nie ʼn realistiese kans teen Trump staan by die stembus nie, soos Demokratiese Kongreslid Al Green dit onlangs gestel het “I’m concerned if we don’t impeach this president, he will get re-elected.

Min het dus oor die afgelope drie jaar verander en moontlike ernstige “misdade” word steeds naarstigtelik gesoek, maar met die verkiesing op hande in November is tyd vinnig besig om uit te loop.  

Mark Twain het eens gesê dat dit baie makliker is om mense te mislei as wat dit is om hulle te oorreed dat hulle mislei is. Ten spyte van die feit dat daar letterlik nie ʼn enkele bewys van inmenging deur Rusland gevind is nie, het die media dit steeds reggekry om die illusie daarrondom vir meer as 3 jaar lank die wêreld vol aan te blaas….

Elke vrydenkende individu wat hierdie sirkus die laaste paar jaar gevolg het, behoort nou in ʼn posisie te wees om hulself af te vra:

Wanneer ons onsself aan die kant van die oorgrote meerderheid bevind, is dit nie dalk tyd om ʼn oomblik stil te staan en behoorlik daaroor te reflekteer nie?

Nuusflitse

Mienja Strauss

‘n Nuwe tendens op die toep, TikTok, is dat verbruikers glo dat indien hulle op ʼn spesifieke dag hulle besem vertikaal posisioneer, dié besem op sy eie sal staan. Hierdie tendens is begin deur ʼn Twitter verbruiker. Sy het beweer dat NASA hierdie stelling gemaak het. Hierdie inligting was egter vals en dit het niks te doen met enige wetenskaplike verduideliking gekoppel aan ʼn dag of datum nie. Bewys hierdie optrede dalk die mens se geneigdheid om enige (valse) inligting te glo wanneer dit van outoriteitsfigure kom?  

Nadat President Cyril Ramaphosa in ʼn noodtoespraak op Sondag 15 Maart die land in ʼn toestand van krisis verklaar het, is reis na die meeste lande streng beperk en word inwoners wat terugkeer uit ander lande in isolasie gehou oor die koronavirus (Covid19). Geen vergadering van meer as 100 mense word toegelaat nie en alle skole word noodgedwonge gesluit vanaf Woensdag 18 Februarie. Hierdie is maar enkele voorbeelde van die wêreldwye stryd van hierdie bedreigende krisis. 

‘n Groep leerlinge in ʼn hoërskool in die Filippyne, het die oormaat van straathonde se mis as ru-materiaal gebruik in die vervaardiging van “bio-bakstene” om mis in die strate te verminder. Dit het gelei tot die vermindering van konstruksiekostes. As deel van ‘n navorsingsprojek het padskrapers in die Payatas-distrik, noord van die hoofstad Manila, windgedroogte hondemis versamel, wat dan met sementpoeier gemeng is en in reghoekige “bio-bakstene” gevorm is.

Op 1 Februarie is ʼn video bekendgemaak oor Frankryk wat ʼn nuwe geldeenheid wil begin, naamlik G1 (uitgespreek as “June”) wat al oor ʼn paar jaar ontwikkel is as ʼn poging tot vryheid. Kan hierdie soort optrede dalk deel wees van die begin van ʼn nuwe beweging soos FRexit?

Die internasionale media-verskaffer, Spotify, het op 15 Januarie 2020 ʼn nuwe playlist spesifiek vir jou troeteldiere bekendgestel. Nadat ʼn opname in vyf verskillende lande voltooi is naamlik Italië, Australië, Amerika, Engeland en Spanje, het hulle bevind dat 71% van troeteldier-eienaars musiek speel vir hul troeteldiere. Hulle het toe ʼn gaping in die mark raakgesien.

 

Professor Ravindra Kumar Gupta, van Cambridge Universiteit, het op 11 Maart bevestig dat hulle ʼn pasiënt met VIGS volledig kon genees te danke aan ʼn stamseloorplanting. Dit is egter die tweede pasiënt met hierdie gevolg, aangesien Timothy Ray Brown, van Berlyn, reeds in 2007 op dieselfde wyse genees is. Hierdie navorsing bewys dus dat die behandeling suksesvol is en potensieel weer toegepas kan word.    

Menings

Canned, captive and catastrophic

Anje Dercksen

Illustrasie deur Alyssa Vivier

Apart from endangered species being bred specifically for reintroduction back into the wild, is it morally or ethically acceptable to breed wild species for human amusement or financial gain?

Lions are bred on more than 200 farms in South Africa where captive lions are living under the threat of a gruesome fate.

Basic needs such as diet, vet care, sanitary conditions, a stress-free environment and shelter are restricted or simply denied.

Actually, it’s simple. Their short lives look as follows:

  1. Cubs are born in enclosures where humans take them away from their mothers, as soon as they are seen – sometimes only a few hours old.
  2. Tourists pay a lot of money to help the “poor, orphaned cubs whose mother died” by volunteering to care for, bottle feed, cuddle and play with the cubs – anything for a good photo and great story, right?
  3. The lions grow up habituated to humans and are now used for petting establishments and walking with lions activities, showcasing as tame, orphaned lions whose lives were ‘saved’.
  4. As soon as the lions become too grown up, dangerous and a possible safety risk, they are sold off to a hunting farm. They make an easy trophy hunt as they grew up tame and used to humans. Their life span? Unfortunately, very short.

Captive-lion breeding has no conservation value – which makes these activities ridiculous and unethical.I, too, was once an oblivious victim who supported a captive breeding farm without knowing what happened behind-the-scenes. 

Please, please, please do your research before you support any sanctuary, game farm, facility or project. Anywhere where a lion is habituated to humans or where humans are allowed to touch the lion, there is possibly a snake in the grass. If South African society at large knew and understood what was involved in this profit enterprise, I don’t believe they would approve of it. Research and question, always!

Maak al die ure se werk werklik ‘n verskil?

Lisa Dudley

Ons almal pak ons skedules so vol soos hulle kan kom, want “dis vir my CV!”. Maar maak al hierdie buitemuurse aktiwiteite regtig ‘n verskil as dit by werks- en universiteitsgeleenthede kom?

Die meeste van ons wil graag ons opsies in terme van tersiêre onderwys en toekomstige werksgeleenthede soveel as moontlik hou, en daarom besluit ons om aan soveel as moontlik buitemuurse aktiwiteite deel te neem, en die grootste moontlike verskeidenheid te handhaaf.  Alhoewel jou akademiese prestasie die grootste invloed gaan hê, sal dit jou help om ‘n paar ekstra aktiwiteite te kan doen. Die tipe aktiwiteite wat jy het, maak egter nie ‘n ongelooflike verskil nie. Dit wys bloot jy is ‘n harde werker, kan jou tyd goed bestuur en is passievol oor meer as een ding. Daarom is dit ook, verbasend genoeg, nie so belangrik om besondere prestasties te hê in hierdie aktiwiteite nie — omdat dit bloot wys dat jy op meer as een ding kan fokus en jou belangstellings oor ‘n breë veld strek.

Alhoewel jy by sommige universiteite in Suid-Afrika nou slegs met akademiese prestasie kan aansoek doen, sal dit jou kan baat wanneer jy eendag aansoek doen vir werk. Die Amerikaanse besigheidman, Ian Yeulett verduidelik hoe die verskillende aktiwiteite op jou aansoekvorm baie kan sê van wie jy is.

Uiteindelik maak jou akademiese prestasie die meeste van alles saak, maar as jy graag wil hê jou aansoek moet jou belangstellings en jou afgeronde karakter weerspieël, sal buitemuurse aktiwiteite jou daarmee kan help. Dit is egter nie nodig om jouself toe te gooi met elke moontlike aktiwiteit en komitee wat jy kan vind nie, dit moet net vir die persoon wat jou aansoek lees, kan sê jy stel in meer as net een ding belang en jy het ‘n verskeidenheid ondervindinge.

Emigrasie na Portugal Gewild onder Suid-Afrikaners

Mienja Strauss

Daar is verskeie debatteerbare redes ter regverdiging van emigrasie. Nuwe navorsing deur die Verenigde Nasies dui daarop dat 23 000 Suid-Afrikaners die land per jaar verlaat deur te emigreer en Portugal is een van die hoofbestemmings waarna daar getrek word, is. Die sogenaamde “Green Visa” is ‘n onlangse belegging wat deur die Portugese regering in plek gestel is as deel van hulle “Golden Resident Permit Programme” (GRPP).

Die konsep is dat mense wat nie lede van die Europese Unie (EU) is nie, toegelaat word om kapitaal in Portugal te belê en dan ‘n visa ontvang wat vyf jaar lank toestemming bied om in die bogenoemde land te woon.  Verder word daar ook nie vereis om ‘n Europese Schengen Visa te besit wanneer die bogenoemde reeds verkry is nie. Tot dusver is hierdie projek so effektief dat die regering dit oorweeg om die toegang tot die groot Portugese stede, naamlik Lissabon en Porto, te beperk.  Die rede hiervoor is om ekonomiese welvaart in die platteland ook te verseker.

Dit is duidelik dat daar drastiese aansporing is vir Suid-Afrikaners om Portugal tydens die proses van emigrasie te oorweeg. “Die Groen Visa sal dien as versekering van Portugal se rol as ʼn mededinger in internasionale ekologiese beleggings. Dit sal terselfdertyd lei tot ʼn meer gebalanseerde ekonomie,” het Andre Silva, leier van die party wat die nuwe wetgewing ingestel het, gesê. 

Nadat die Groen Visa verkry is, moet slegs sewe dae in die land deurgebring word en na vyf jaar kan aansoek gedoen word om Portugese Burgerskap. Verdere aansporing is die blote feit dat ‘n Portugese paspoort herhaaldelik as een van die waardevolstes ter wêreld geag word. 

Volgens die Portugese Ambassade is daar reeds 7000 goue visas uitgereik, waarvan Suid-Afrika tans die vierde posisie beklee in terme van die aantal Suid-Afrikaners wat hul wortels daar gaan vestig.

Twee teenoorgestelde menings is gevorm rakende hierdie konsep van verandering. Die eerste glo dat wortels in grond behoort te bly wanneer dit die bekende is. Die tweede glo dat as dit bedoel was vir ons om in een plek te bly, ons wortels in plaas van voete sou hê. Iewers tussen hierdie sienswyses is ʼn spektrum van moontlikhede.  Albert Einstein het eenmaal gesê dat daar, in die middel van onsekerheid, altyd geleenthede ontstaan.              

Wat maak ‘n goeie onderwyser?

Andrea Visser

Vir ongeveer dertien jaar speel onderwysers ‘n groot rol in ons lewens. Natuurlik sal enige iemand sê ‘n goeie onderwyser is iemand wat geen huiswerk gee nie of baie afperiodes gee. Sommiges sal argumenteer dat dit iemand is wat goed kan verduidelik of interaktief is met die klas. Alhoewel hierdie kenmerke aanloklik lyk, bewys navorsing egter dat hierdie nie die hoofkriteria is onder leerders nie.

R.B. Cattell, ‘n dosent in onderwys en sielkunde, van die Universiteit van Exeter in Brittanje, sê dat onderwysers meer moet wees as net iemand wat kennis oordra. ‘n Goeie onderwyser, volgens hom, kan wel kennis goed oordra, maar terselfdertyd hulle leerders verstaan, en raaksien wat in hulle lewens aangaan. Dié dosent het navorsing  onder 254 leerders gedoen. Die top twee eienskappe wat hulle van ‘n onderwyser verwag, is ‘n passie vir die kennis van hul vak, sowel as simpatie en takt.

Ons het self ‘n paar vrae aan Bloemhoffers gestel, om agter die kap van die byl te kom. Wat is dit wat Bloemhoffers oortuig dat iemand ‘n goeie onderwyser is…

Volgens ons vraelys, sê die meerderheid van die leerders dat hulle daarvan hou as onderwysers weet wat in hulle lewens aangaan, wat hulle motiveer, en die moeite doen om te vra.

Dames van ons ouderdom word met baie onsekerheid gekonfronteer. Uit ons navorsing is dit duidelik dat ons onderwysers waardeer wat ‘n selfversekerde voorbeeld stel van, nie net hul akademiese vlak nie, maar ook lewensvaardighede. Dit is vir ons lekker om te sien hoe onderwysers fokus op belangrike dinge, al is dit nie noodwendig wat die kurrikulum vereis nie.

Dit is ook vir ons belangrik dat ons onderwysers weet hoe om tegnologie te gebruik. Eenvoudige boek-leer is vervelig.

Nelson Mandela het gesê dat opvoeding die kragtigste wapen is wat ‘n mens kan gebruik om die wêreld te verander. Opvoeding is egter meer as net akademiese kennis. Dit sluit lewenslesse, emosionele vaardighede en die nabootsing van rolmodelle in. Dit som, volgens ons, die definisie van ‘n goeie onderwyser op.

Illustrasie deur Dané van der Nest

Mode en Sosiaal

Kom ons steel 'n bietjie styl

Annerine Strauss

Styl-ikoon

Die bekende naam op almal se lippe vir die afgelope jaar is… Billie Eilish. Hierdie 18-jarige sangeres het ‘n baie unieke styl, tog het sy mense so geïnspireer dat almal haar styl hulle eie wil maak. Hierdie is vir al die Billie Eilish-aanhangers wat ook so wil aantrek, maar dalk nie noodwendig so vreemd en buitengewoon wil lyk nie.

Hier is ‘n paar praktiese kledingstukke wat julle kan dra om julleself so “Billie”, maar ook so modieus as moontlik, te laat lyk:

IMG_7958

Enige los, groot sweetpakbroek.

IMG_7959

‘n Stywe toppie – om meer in die mode te lyk

of

IMG_7962

‘n Groot, los baadjie met ‘n  kappie.

IMG_7966

Lywige, diksoolskoene met veters.

Nog 'n dans!

Januarie tot Maart is die maande van danse, danse en nog danse. Dan het ons nog nie eers gepraat van die matriekafskeid in September nie. Wanneer ‘n mens so baie danse het, weet jy nie eintlik waar om te begin en watter style in die mode is vir ‘n semi-formele uitrusting nie.

Hierdie is die top-moderokkies op die oomblik en ‘n mens kan dit in enige kleur of variasie vind.

IMG_7069

Niemand kan ooit verkeerd gaan met ‘n satynrokkie nie.

IMG_4339

Die eenmourokkie. Hierdie is meer uniek, maar stylvol en klassiek.

IMG_2547

Groot, aandagtrekkende, kleurvolle moue is deesdae al wat ‘n mens op die loopplank, onder bekendes en in tydskrifte soos Vogue sien.

Só eet jy gesond

Lisa Dudley

Ons almal sukkel om al die balle van ‘n besige lewe in die lug te hou, en om gesond te eet is dikwels een van die eerste dinge wat van die prioriteitslys afval. Alhoewel ons nie altyd weet hoe om so gesond as moontlik te eet nie, is daar ‘n paar dinge wat ons almal kan gebruik om ons te help.

Marise van der Merwe, ‘n dieetkundige in Stellenbosch, het ‘n paar wenke om so gesond as moontlik te eet. Eerstens, is daar baie wanpersepsies rondom gesond eet wat dikwels ‘n tienermeisie op soek na ‘n oplossing kan flous. Sosiale media gons van verskillende diëte wat elkeen wil probeer, maar ons besef nie altyd hoe ‘n groot rol jou unieke lyftipe in jou dieet speel nie, ‘n dieet is nie ‘one size fits all’ nie. Dit gaan jou ook niks help om brood heeltemal uit te sny, net water te drink die hele dag of bloot niks te eet nie. Ons vergeet ook soms hoe belangrik dit is om te eet voor ons oefen, en ‘n sportdrankie is glad nie so gesond soos wat jy dink nie. Nog ‘n fout wat tienermeisies dikwels maak, is om koffie te drink in plaas van ‘n ete. Al dink jy miskien ‘n bietjie kaffiëne is al wat jy nodig het om jou deur die dag te bring, kan dit ‘n wanbalans in jou liggaam veroorsaak, wat jou ongemaklik en sleg sal laat voel.

Tweedens, is daar ‘n paar algemene wenke waarvolgens ons ‘n gesonde dieet kan bou. Maak seker jy eet ‘n verskeidenheid kos, en moet nooit ‘n dag gaan sonder ontbyt nie! Eet liewer minder en meer gereeld, in plaas van ‘n klein aantal groot maaltye. Probeer om nooit vrugte alleen te eet nie; dit veroorsaak ‘n skielike verhoging in jou bloedsuiker en jy sal kort nadat jy geëet het weer moeg en honger voel. Probeer dus om iets saam met die vrugte te eet. Stres kan jou eetlus ook geweldig aantas; sommige van ons verloor heeltemal ons eetlus as jy baie dinge aan die gang het, en ander bly die hele dag honger. Stres tas almal verskillend aan, maar jy moet jou bes probeer om jou eet-roetine so normaal as moontlik te hou, bo-en-behalwe jou stresvlakke.

Jou gesondheid en roetine bestaan uit drie basiese dinge: eet, slaap en oefen. Uit die drie, is jou dieet die heel maklikste om te verander. Jou gesondheid op hoërskool is jou boublokke vir die toekoms, en dus is dit baie belangrik om reeds nou al te streef na ‘n gesonde lewenstyl. “Eetgewoontes in die hoërskooljare is van kardinale belang, veral vir meisies, omdat dit die laaste fase van ontwikkeling en groei behels. Op fisiese, emosionele en hormonale vlak is dit uiters belangrik om in hierdie tyd van jou lewe optimaal gesond te eet om moontlike toekomstige gesondheidsrisiko’s te verlaag.”

Indien jy vir me. Van der Merwe wil kontak vir nog inligting of om ‘n afspraak te maak vir ‘n persoonlike eetplan, sporteetplan, genetiese toetse of voedsel-sensitiwiteittoetse, kontak haar by: 071 117 4122; marise@midiet.co.za.

 

Hoe om jou smul-lekker kosblik te pak:

Eerste pouse:

Probeer om ‘n proteïn en (opsioneel) ‘n vrug in te pak, die proteïn help om jou bloedsuikervlakke reëlmatig te hou. Proteïne sluit kosse soos neute, biltong, jogurt, ensovoorts in.

Tweede pouse:

Hier wil jy weer proteïn hê, asook graan en groente. Soos

  • ‘n hoender- of tuna-mayonaise wrap met blaarslaai en tamatie,
  • 5 klein frikkadelle of hoenderstukkies, met twee provitas met marmite,
  • pastaslaai met hoender en groenpeper,
  • cous-cous met geroosterde groente en hoender of kekerertjies.

Saam met dit kan jy ook bietjie komkommer, wortels, tamaties of seldery inpak. Nou en dan kan jy ook ietsie
soet inpak, soos ‘n klein muffin, sjokolade of springmielies.

Born a Crime

Lisa de Wet

Born a Crime se boekomslag

Trevor Noah, die Suid-Afrikaanse komediant en aanbieder van The Daily Show, skryf in sy outobiografie, Trevor Noah: Born a Crime, oor sy grootwordjare as ‘n kind van gemengde ras in die post-apartheid era. Hy bespreek ernstige onderwerpe soos rassisme, Apartheid, godsdiens, huishoudelike geweld en kolonialisme in ‘n skreeusnaakse manier. Van die vertelling oor die keer toe sy ma hom as klein seuntjie uit ‘n bewegende taxi gegooi het tot die eerste keer wat hy van ‘n meisie gehou het, laat hy jou toe om die wêreld (Suid-Afrika) uit sy oogpunt te verstaan.

Sy ma, Patricia Noah, ‘n sterk, rebelse en gedetermineerde vrou, speel ‘n groot rol deur die loop van die boek. “My mom did what school didn’t. She taught me how to think.” Sy ma is ‘n uiters inspirerende persoon. Sy is inderdaad ‘n rolmodel in terme van haar menswees in ons komplekse Suid-Afrikaanse samelewing.

Trevor Noah deel ook wyse brokkies inligting, soos: “Just because it’s not happening to YOU doesn’t mean it’s not happening.” Die boek maak die leser se oë oop vir moeilike konsepte, terwyl die humoristiese kant daarvan jou dag sal maak. Born a Crime is besonders en jy sal sukkel om dit neer te sit. ‘n Definitiewe moet-lees boek vir alle Suid-Afrikaners.

Own Every Second

Anje Dercksen

Liewe Matrieks

Drie  maande van die jaar is al verby. En wat ‘n drie maande was dit nie! Dit voel vir my asof “matriek” ‘n konstabel is wat baie aanloklik, pret en na goeie tye gelyk het, maar vinnig sy hofnarbaadjie aangetrek het, my gekul het en nou sit ek knie-diep in die Skeinat-huiswerk. Kaalvoet op my mat, maar darem sonder ‘n wit aannemingsrok… As ek na die klasgesprekke in Juffrou Joubert se klas, benoude gesprekke pouses en ons Whatsapp-groep se boodskappe kyk, dink ek nie ek is alleen nie! Die jaar het vinnig begin en sommige van ons se voete onder ons uitgeslaan. Ons is alreeds gestres oor die eindeksamen en raak yskoud as ons “Klas, ons is klaar agter” hoor. Sommige van ons loop klaar met donker kringe en koffie in die hand in die gange af.

Is jy nog steeds besig om elke sekonde te ‘own’?

As jy nou ‘n benoude laggie, “ghmmpf” en “nee” gegee het: Jy is definitief nie die enigste een nie.

Haal asem.

Die res van die jaar lê nog voor en jy gaan jouself oor vyf jaar skop oor die dinge wat jy nie nou gedoen het nie en die klein, simpel dingetjies waaroor jy gestres het. Moenie dat gedagtes oor ‘later’ jou geluk en vrede van ‘nou’ steel nie. Bly hard werk aan jou skoolwerk. Sit die tyd, moeite en werk in, en jy sal beloon word in die eindeksamen. Maar moenie dat dit al is wat jy doen en die stres afkomstig daarvan,  jou van binne af opvreet nie. Moenie net besig wees nie, wees produktief. Dan sal jy tyd hê vir baie ander goed.

Daar is net soveel sekondes in ons matriekjaar. Gaan stap voor skool saam met ‘n vriendin of pel. Vat vir Rye en Reekse en Eweredigheid op ‘n date en gaan doen jou Wiskunde huiswerk buite in die tuin. Maak ‘n impulsiewe trippie Strand toe en waardeer die mooi sonsondergang. Bederf ‘n vriendin wat swaarkry met ‘n buitengewone pouse en ‘n koffie. Reël iets met jou graad aggie. Hou ‘n oorslaap in die koshuis. Gaan Sondagaand Hillsong toe vir ‘n ongelooflike Praise & Worship. Daar is so baie wat ons (in matigheid) kan doen om hierdie jaar te geniet, terwyl ons hard werk aan skoolwerk.

In plaas daarvan om so baie op die maande wat voorlê te fokus, laat ons tyd neem om die magic hier in die oomblik raak te sien. Haal diep asem en kyk rondom jou. Vind al die goedheid rondom jou. Waardeer die oomblik wat nou hier is. Vind dankbaarheid vir al die dinge wat jy in jou lewe het, wat jy besig is om te doen en wat jy kan doen. As jy dankbaarheid het, het jy geluk, het jy alles.

Matrieks, WE GOT THIS. ‘n Laaste twee kwartale lê vir ons voor en ek weet elkeen van ons gaan elke sekonde own.

Saam.

Dié kasteel staan nou leeg!

Lisa Dudley

Ons almal droom al van kleins af om eendag met die perfekte prins te trou en ‘n pragtige prinses te word, maar die nuutste koninklike paartjie het hul troon sommer net so weggewys.

Prins Harry en Meghan, wat nou nie eers meer op hul titels genoem word nie, het onlangs aan die publiek bekend gemaak dat hulle terugtree as hooflede van Brittanje se koninklike familie, tot die groot onsteltenis van Koningin Elizabeth. Die paartjie het besluit om te streef na finansiële onafhanklikheid, en verwyder heeltemal hulle koninklike handelsmerk. Net so verander hy van “His Royal Highness Duke of Sussex” na Harry.

Die publiek het al vir ‘n geruime tyd geweet Harry, Meghan en hul seun Archie is nie die tipiese koninklike gesin nie. Hulle kies om weg te breek van amper elke verwagting wat geskep word, en Meghan spesifiek, staan bekend vir haar rebelse lewenswyse (dis nou rebels teenoor die groot verwagtinge van Koningin Elizabeth). Die Britse publiek was ook glad nie gelukkig met hulle privaat lewenstyl nie. Party het selfs gesê hulle het ‘n reg tot meer inligting aangesien hulle belastinggeld ‘n groot deel van die koninklike familie befonds! Baie mense glo hulle privaat lewenstyl is as gevolg van die tragiese dood van Harry se ma, Diana. Daar word gesê die media se groot obsessie met haar is die oorsaak van haar dood en dat Harry Meghan só probeer beskerm.

Alhoewel ons nie meer baie van Harry en Meghan in die koninklike familiefoto’s gaan sien nie, gaan hulle darem nie heeltemal verdwyn nie. Hulle is van plan om meer tyd in Kanada te spandeer, nadat ‘Mexit’ amptelik 1 April inskop. Wie weet, miskien is daar nou ‘n ekstra plek wat gevul moet word op die Britse troon…

Harry en Meghan se eerste amptelike verskyning na die koninklike krisis. (CNN, 2020)

Kultuur

Yo-Yo Ma in Suid-Afrika

Elsa-Marié van der Watt

Yo-Yo Ma is geen onbekende by liefhebbers van klassieke musiek nie. Hierdie wêreldberoemde tjellis se opnames van Bach se tjello-suites, vele ander klassieke stukke en verwerkings van bekende filmmusiek is al miljoene keer op YouTube gekyk. Vroeër vanjaar het hy vir die eerste keer in Suid-Afrika opgetree met ’n uitvoering wat deel uitmaak van sy inisiatief, The Bach Project.

Op Saterdag 8 Februarie het meer as 5 000 mense na Kirstenbosch se amfiteater gestroom om te luister na Yo-Yo Ma se interpretasie van een van die bekendste oeuvres vir tjello, Johann Sebastian Bach se ses onbegeleide tjello-suites. Vele bekendes het die konsert bygewoon, onder andere die kunstenaar Henk Serfontein, wat die konsert op sy Facebookblad as “betowerend” beskryf het. “Ek het so bewus geraak van die stiltes tussen die note en die wye spektrum van emosie wat deur een tjello kan vloei.” Sommige Bloemhoffers was ook bevoorreg genoeg om hierdie konsert by te woon.

Die optrede was deel van die tjellis se humanitêre poging om mense van alle kulture en nasionaliteite deur middel van musiek te verenig, selfs in ’n tyd van politieke en sosiale onrus. Yo-Yo Ma het sy reis met die suites in Augustus 2018 begin, en hy beplan om die suites in 36 lande versprei oor 6 kontinente uit te voer – van Athene tot Xi’An. By elke optrede word plaaslike kunstenaars en entrepreneurs by die konsert en beplanning betrek. Yo-Yo Ma het in 2020 vir die eerste keer in Suid-Afrika opgetree, en hopelik is dit nie die laaste keer nie. Die wêreld kan baie by hom leer – nie net ’n besondere liefde vir klassieke musiek nie, maar ook hoe om jou talent te gebruik om die wêreld ’n beter plek te maak.

Vir diegene wat nog wonder wat Bach se ses tjello-suites so besonders maak, kan gerus Eric Siblin se boek, The Cello Suites: J.S. Bach, Pablo Casals, and the Search for a Baroque Masterpiece, lees.  

Elsa-Marie Yo-Yo Ma (2)

Die tjellis, Yo-Yo Ma

‘n Skare van meer as 5 000 mense woon Ma se opvoering in Kirstenbosch by

Waar kan jy help?

Elke van Wyk

Het jy al gewonder waarvoor al die insamelings by die skool is? Bybels? Koekies seep? Waslappe? Ou klere en skryfbehoeftes?

 Al hierdie items word geskenk aan die Nagskuiling in Stellenbosch. Die nagskuilings het in 1991 begin en die Nagskuiling Stellenbosch akkommodeer 42 mense en die Stellenbosch nagskuiling Anneks het plek vir 33 mense. Mevrou Denise Paulse, wat in beheer is van die projekte, het die volgende te sê gehad oor die mense wat haar al in haar lewe inspireer het wat in en uit by die voordeure is van die nagskuiling. “Daar is ’n paar suksesstories, van persone wie werk en ander blyplek gekry het. Die skuiling gee die persone die geleentheid om skoon en netjies te wees sodat hulle kan werk. Ons help ook met kospakkies vir werkende persone. Soms bou persone weer verhoudings met hul families of trek op hul eie in ‘n plekkie in. Ons het onlangs ’n jong man gehelp om ’n permanente blyplek te kry op ’n plek waar hulle hom sal help om heeltemal onafhanklik te raak en ook sy eie blyplek en werk te kry.” Sommige van die lede wat by die nagskuiling woon, kom selfs van Zimbabwe af. 

Ons as Bloemhof probeer elke jaar om soveel as moontlik te doen om hierdie mense te help, met ons hulp en skenkings word daar vir die mense menswaardigheid gegee want Nagskuiling is slegs afhanklik van skenkings. Die skuiling gee vir elke lid ’n bed om in te slaap, kos en wasfasiliteite asook die geleentheid om werk te soek. Dus as elke Boemhoffer iets kleins kan bydra verander ons iemand anders se lewe.  

Man, wat praat jy nou?

Elsa-Marié van der Watt

Kanji-figure, die Chinese alfabet

Bloemhof het hierdie jaar haar eie Mandarynsjuffrou bygekry, en dit was vir my ’n voorreg om met juffrou Kotzé daaroor te kon praat!

Waar kom Juffrou se passie vir Mandaryns vandaan?

Ek hou nog altyd van tale, en het op skool Duits en Xhosa gedoen. Ek het op universiteit Chinees begin leer, en gou gefassineerd geraak deur die taal en kultuur geraak. Dit is so verwyderd van enige Westerse taal of Europese kultuur.

Waarom is dit so moeilik om te bemeester? Hoe lank het dit Juffrou geneem?

Ja, dit was beslis ’n uitdaging. Die grammatika is maklik, maar die vreemde karakters of alfabet (kanji) en die vreemde uitspraak maak dinge moeilik. Ek kon eers werklik Chinees begin verstaan nadat ek vir ses maande in China gewoon het.

Watter geleenthede sien Juffrou vir mense wat Mandaryns magtig is?

Daar is baie industrieë in Suid-Afrika waarin die Chinese belangstel, soos mynbou en toerisme, waar Mandarynssprekende Suid-Afrikaners as tolke kan optree of deur die taal-barrier kan breek. Die wynindustrie het ook ’n groeiende mark in China, en Suid-Afrikaners met wynmaakkennis het groot waarde as hulle daar gaan woon om wyn te verbou.

Mandaryns (of Chinees) as addisionele taal raak al hoe meer gewild regoor die wêreld, en dit bied jou die geleentheid om met 917 miljoen mense wêreldwyd te kommunikeer! Om die taal te leer sal vir jou baie deure in die toekoms oopmaak. Moet dus nie bekommerd wees oor hoe moeilik dit is nie; met deursettingsvermoë sal jy dit kan bemeester.

Illustrasie deur Zia Geldenhuys

Mentorprogram: moet of moenie?

Andri Malan

Elke jaar kry ons jonger graad agt sussies ʼn matriekmentor en alhoewel die ideaal sou wees dat hierdie twee sussies ʼn onbreekbare band bou, is dit nie altyd die geval nie…Alize van Vuuren, Ghia Hough en Leila de Kock gee graag hulle mening:

Alize (Ghia se mentor in 2016)

1) Hoeveel keer het jy en jou graad agt na skool tyd saam spandeer?

Ek en Ghia was albei in die koshuis, wat dit baie maklik gemaak het om mekaar te sien en met mekaar te gesels. Wat ek kan onthou, is ek het soms in die aande net by haar kamer ingeloer en hallo gesê en ‘n bietjie gesels. Of ons het mekaar in die gange raakgeloop. Ons het een of twee keer vir ‘n koffie/roomys gegaan as ek reg onthou, maar dis vier jaar terug en my geheue is soms bietjie wasig.

2) Voel jy die stelsel is effektief?

Ek glo die idee van ‘n mentorprogram is wat Bloemhof nodig het – dit semi forseer die twee verste grade om te integreer en skep so ‘n presedent vir die res van die skool. Wat mens moet onthou is dat die stelsel nie van jou verwag om nou beste vriende te wees met jou graad agt en elke Vrydagaand ʼn oorslaap te hê nie – dit moet doen presies wat die naam sê – jy moet ‘n mentor wees vir hierdie klein graad 8-dogtertjie wat ‘n nuwe fase van haar lewe aanpak. Sy’s heelwaarskynlik bang en ongelooflik geïntimideerd deur hierdie lang en mooi en volwasse meisies – deur ʼn matriek aan ‘n graad 8 te allokeer vat die intimidasiefaktor weg en hulle voel omtrent dadelik of hulle meer behoort, wat ek dink belangrik is om die susterskap van dag een af te bou. Dit is natuurlik afhanklik daarvan dat die mentor toeganklik is vir die graad 8’ie – en ek’s ‘n klein-“gesture” mens. So iets so klein soos ‘n matriek wat haar graad 8’ie eerste groet in die gange, “goes a loooong way”!

3) Praat jy en jou mentor nog?

Ja, definitief. Ek stuur vir Ghia so af en toe ‘n Whatsapp – of dit nou is om te hoor hoe dit gaan en of dit is om haar sterkte toe te wens voor iets groot.

4) Het sy ʼn impak gemaak in jou lewe?

Ek kan nie namens Ghia praat nie, maar sy het definitief in my lewe ‘n impak gemaak – veral in matriek. Kyk, matriek, vir my, was ongelooflik besig & meeste van die tyd baie ernstig. Ghia het my regdeur matriek, sonder dat sy weet, gemotiveer en ondersteun – soortvan ‘n konstant “back jou” herinnering elke keer as ek haar gesien het in die gange. Sy het my ook herinner om nog bietjie kind te wees & alles nie so ernstig op te neem nie. Ek dink dis belangrik vir alle matrieks om so nou en dan daaraan herinner te word.

5) Wat sou jy verander aan die proses?

Daar moet definitief in skooltyd meer geleenthede gemaak word vir interaksie (nie seker of daar alreeds is nie) maar almal se skedules is besig so ʼn periode ʼn maand of 2 pouses in ‘n maand kan definitief bydra tot die effektiwiteit van die program. Een ding is vir seker, dit was definitief ’n groter bate as ‘n las vir my.ee

Ghia en Leila

Ghia en haar graad agt, Leila

Leila (Ghia se graad agt)

1) Hoeveel keer het jy en jou mentor al na skool tyd saam spandeer?

Ons het nie regtig tyd saam spandeer na skool nie, maar ons was saam by die mentorpiekniek en ons het meer tyd saam spandeer by die koshuis omdat sy ook my mentor by die koshuis was.

2) Voel jy die stelsel is effektief?

Ja, dit het my baie gehelp om meer te leer oor die skool. Ghia was altyd daar as ek onseker was oor iets of hulp nodig gehad het.

3) Dink jy julle sal kontak hou na skool?

Ja, want Ghia se jonger sussie is een van my beste vriendinne en sy kom ook volgende jaar Bloemhof toe. Solank as wat ek en sy vriendinne bly, sal ek nog kontak behou met Ghia.

4) Het/Maak sy ʼn impak in jou lewe?

Ja sy is ‘n goeie voorbeeld om te volg en ek hou regtig baie van haar. Ghia is altyd daar as ek haar nodig het en sy is verskriklik gaaf. Sy het vir my ʼn verjaarsdagkoek gekoop en motiveringsbriefies geskryf tydens die doop.

5) Wat sou jy verander aan die proses?

My voorstel vir verandering sal wees dat daar aktiwiteite saam met jou mentor in ʼn kleiner groep is.

Ghia (Alize se graad agt en Leila se mentor)

1) Hoeveel keer het jy en jou mentor na skool tyd saam spandeer?

Ek en my mentor het nie juis na skool gaan koffie drink nie, maar ek het dit 100% verstaan, aangesien sy die hoofdogter was en gevolglik baie min tyd gehad het. Ons het mekaar egter altyd in die gange gegroet en vinnig by die koshuis opgevang.

2) Voel jy die stelsel is effektief?

Dit is definitief effektief as dit reg gebruik word. Bloemhoffers moet wel aangemoedig word om meer moeite doen omdat dit iets is wat afgeskeep word wanneer mens besig raak. Ons kan dit oplos deur meer vaste aktiwiteite te reël wat die mentor en graad agt dwing om tyd saam te spandeer en mekaar te leer ken. Ons moet aangemoedig word om vaste tyd uit te sit sodat ons regtig goeie mentors is.

3) Praat jy en jou mentor nog?

Ons praat nog…eintlik maar net voor groot geleenthede soos 4M of Interskole of wanneer die ander een verjaar. Ons sal nie juis net nou-en-dan vir mekaar vra hoe dit gaan nie.

4) Het sy ʼn impak gemaak in jou lewe?

Sy het beslis en sy weet dit! Sy is en sal altyd my rolmodel bly…net die manier hoe sy rondgeloop het en situasies hanteer het, het my rêrig inspireer. Sy het my gewys hoe om die sterk vrou te wees wat ek graag eendag wil wees.

5) Wat sou jy verander aan die proses?

Ek dink nie ons moet iets verander nie, maar ons kan dit bevorder. Ons kan hulle ontmoet nog voor skool begin sodat hulle nie so onseker is in die eerste week nie. Baie mense kom en ken niemand in die eerste week nie en kry nie noodwendig die ondersteuning by hulle ouers nie. Dit sal dan ideaal wees om reeds iemand in die eerste week te ken met wie jy kan gaan praat as daar fout is, want hulle is ongelukkig baie gestres in die eerste deel van die jaar.

Kampterugvoer

Kwartaal 1 beteken Kamp!

Mia Decinti

Graad 9-kamp: 23-24 Januarie 2020

Die graad 9-kamp is ‘n jaarlikse hoogtepunt op die nie-meer-graad 8’s se Bloemhofkalender. ‘n Wonderlike graadoorslaap waar meisies nie vir tentopslaan en braai skrik nie – en die vorming van ‘n onvergeetlike band met jou Bloemhof-sussies.

Katrien Müller het hierdie kamp terdeë geniet: “Die eerste ding wat die onderwysers gedoen het, was om ons fone af  te vat – en die kinders is toe gedwing om met mekaar te gesels!

Die kamp het die perfekte balans tussen fisiese- en emosioneeluitdagende aktiwiteite. 2020 Graad 8’s, raak opgewonde!

Musica Perpetua Wind-ensemble en Stringende-strykorkes Kamp: 7-9 Februarie 2020

Die orkeskamp was hierdie jaar vir die eerste keer nie meer by Bergkroon nie, maar wel by Mizpah Lodge in Grabouw – en orkeslede het beslis daarby gebaat!

Leerders van Bloemhof, Paul Roos en Rhenish het saamgekom om musiek te oefen wat deur die loop van die jaar by verskillende geleenthede ten toon gestel gaan word. Dit gee ook die graad 8’s en nuwe lede die kans om deel van die magiese musiekfamilie te word en hulle beter te leer ken.

“Dit is ‘n besonderse geleentheid vir beide orkeste om almal beter te leer ken en ‘n band in die naam van musiek te vorm,”sê Annerine Strauss. “Ons oefen regtig hard om te verseker dat ons al die musiek onder die knie kry!”

Gaan luister gerus na hulle by die Stellenbosch Kunswedstryd!

Accelerando koorkamp: 14-16 Februarie 2020

Die Bloemhofkoor-engelstemme het hul Valentynsnaweek opgeoffer om ook by Mizpah Lodge in Grabouw hul jaarlikse kamp te geniet.  Toegewydheid!

Marlé Kotze, die voorsitter van die koorkomitee, lewer terugvoer: “Almal het ingekoop by die aktiwiteite en hard geoefen.”

Hierdie jaar se koorkamp was besonders lekker en bied sterk kompetisie vir die vorige jare s’n.

Graad 11-kamp: 22-24 Januarie 2020

Die lang-verwagte seniorkamp was beslis een vir die boeke. ‘n Opwindende atmosfeer was reeds geskep toe die graad 11’s op die oggend van die 22ste in hul onderskeie spanhempies skool toe kom – dis net minions, lemoene en weermagvrouens waar jy kyk!

Die seniorkamp was ‘n noodsaaklike kamp om ‘n hegte en goeie verhouding tussen die matrieks van 2021 te verseker. Hulle is op verskillende vlakke uitgedaag, veral op hulle spanwerktegnieke, en ‘n deurlopende goeie gesondheid het hulle ver gekry.

Tia Bruwer stem saam dat die kamp besonders was: “Die entoesiasme en opgewondenheid was tasbaar en die gevoel van eenheid was konstant in die lug.”

Ons weet dat alle graad 11’s ‘n soortgelyke perspektief deel, en dat almal grotendeels by hierdie belewenis gebaat het.

Jazz-band dagkamp: 1 Februarie 2020

Die Bloemhof Jazz-band is sterk aan die groei. Alhoewel hulle na hulle begin in 2019 min gesien is, beloof hulle nuwe lede en gereelde oefentye groot dinge. Hulle dag-oefensessie by Bloemhof het hulle die geleentheid gegee om mekaar (en hul musiek!) beter te leer ken.

Die Jazz-ensemble bestaan uit sewe lede, dus is só ‘n intieme oefensessie altyd die moeite werd. Meneer Piron, die dirigent, het beslis die spyker op die kop geslaan toe hy die lede met koppies koffie en pizza verras het.

Die Jazz-Band het hierdie kwartaal reeds by die Gholfdag opgetree, en het ‘n besige jaarprogram. Hou hulle dop!

JIB kamp

Die jaarlikse graad 8-kamp wat gesamentlik deur Paul Roos en Bloemhof gereël word, is by die Karmel-kampterrein in Franschhoek gehou. Me Burger en me Reynolds van Bloemhof, sowel as onderwysers van Paul Roos het dit as chaperones bygewoon. Die graad 11’s en 12’s van Bloemhof se Jesus in Bloemhof (JIB) en Paul Roos se Jesus and Me (JAM) het as leiers opgetree.

Daar was tussen 60 en 65 graad 8’s van beide skole. Hulle is in groepies opgedeel waar die JIB- en JAM-leiers dan met hulle gesels het. Om die ys ‘n bietjie te breek, was daar die aktiwiteit waar die twee skole elkeen iemand in die ander skool moes kry met dieselfde kleur hemp as hulle en dan moes dié twee ‘n unieke handskud opmaak. Verder is daar in die berg gestap en daar was ‘n lekker geswemmery en sokkerspelery (wat in ‘n hele sokkerliga ontaard het). Ten slotte het elkeen wat die kamp bygewoon het, dit uiters positief ervaar en baie geniet! Die kamp het beslis ook gesorg vir diep geestelike groei in elkeen as individu.

Sport

Shinsplints: Wat jy moet weet

Carla Müller

Sportbeserings is deel van die alledaagse uitdagings van enige sportman of -vrou, en niemand, nie eens ‘n Olimpiese rekordhouer, kan hierdie realiteit ontwyk nie – vra maar vir Wayde. Daar is egter een besering wat seker as die algemeenste en mees frustrerendste beskou kan word… Soveel so dat ‘n gesprek tussen jou en jou ma  in H&M  oor hoe problematies jou shins is, eindig met die kassier wat ‘n stuiwer in die armbeurs gooi: “Shinsplints, nou dai’s ‘n duiwel. Ek weet.” Shinsplints het ook ‘n sekere reputasie en daarmee saam sirkulerende “mites”;  almal met hul eie idee van wat dit is en hoe om dit te behandel. Dis geen wonder dat jy naderhand moedeloos is nie; jy weet nie meer wát om te dink nie. Nou wat presies is shinsplints?

Shinsplints is ‘n kondisie wat ontwikkel as gevolg van oorwerkte tendons, spiere (gewoonlik die spier wat al langs die Tibia loop) en beenweefsel wat gevolglik ‘n intense trekaksie tussen dié spier of tendon en die Tibia (shinbeen) waaraan dit geheg is, veroorsaak. Die uiteinde hiervan is hewige stres op die Tibia wat tot stresfakture, wat op die Tibia vorm, kan lei.  En soos enigiemand wat al hierdie “plesierige” ervaring moes deurmaak jou sal kan vertel – dis SEER. Dit belemmer jou vermoë om voluit te oefen en gevolglik te presteer wat die frustrasie eenvoudig onuithoudbaar maak.

Shinsplints is die algemeenste onder atlete wat hul oefenprogram oor ‘n kort tydperk in intensiteit laat toeneem of groot veranderinge daarin aanbring. Afhangend van die erns daarvan, is dit gewoonlik korttermyn en self-behandelbaar. Dit is egter nie altyd so eenvoudig nie en kan ek uit persoonlike ervaring getuig: chroniese shinsplints is ‘n taai tammeletjie.

Hoe om dit teen te werk:

Die oppervlak waarop jy oefen, speel ‘n baie belangrike rol in die rehabilitasie van shins. Om eenvoudig net kaalvoet op die gras te oefen sal reeds die stres wat op jou Tibia inwerk, verlig.

Strek:  Stywe kuite gaan gewoonlik ook gepaard met shinsplints, so maak seker om dit gereeld uit te strek. Strek ook die spier langs die Tibia vir verdere verligting van spanning en styfheid.

Massering: Dis baie belangrik dat die spiere al langs die Tibia uitgemaseer word. Hierdie spiere is gewoonlik onder baie spanning en om dit nou en dan met Deep Heat uit te vryf sal definitiewe verbetering aanbring. Om jou shins 15-20 min op ‘n keer te ys, sal ook wondere verrig.

Strapping: ‘Strapping’ al langs die Tibia en om die kuitspier sal ook goeie ondersteuning bied, pyn verlig en die herstelproses aanhelp.

Rol: ‘n ‘Foam roller’ is jou beste vriend. Rol daagliks jou shins en kuitspiere uit om styfheid te verlig.

Rus: ‘n Mens wil dit nie altyd hoor nie, maar jou liggaam het rus nodig. Dit is die enigste manier om ten volle te kan herstel. Swem en fietstrap is ook goeie alternatiewe tydens rehabilitasie.

Indien jy egter chroniese shinsplints het, word professionele hulp sterk aanbeveel.

Voor jy egter die moed verloor om eens die lig aan die einde van die tonnel te probéér raaksien, onthou net: hierdie is Stellenbosch. Van die land se béste chiro’s en fisio’s is op jou voorstoep – tot jou beskikking.

Interview with Coach Palframan

Marelie Botha

1) When and where were you born?

I was born on 4 November 1993, in Pietermaritzburg, KZN.

2) Where did you matriculate?

From Eshowe High School in KZN in 2011.

3) How long have you been dreaming about participating at the Olympics?

I have been dreaming about the Olympics since I was 10 or 11. I always told my parents I would be the first to go for swimming and running – that was unrealistic but my dream changed and then it was just athletics. Going to the Olympics in 2016 was unreal. And now I am hopeful for 2020.

4) What is your strongest trait as an athlete?

I never give up, no matter how bad I am feeling, I will always give it my all.

5) What obstacles did you have to overcome?

I have had a number of injuries, hamstring tears, knee and back problems and I am currently struggling with shins. I struggle with anxiety but I have come a long way and work with a sport psychologist. I used to have panic attacks before races, I am still working on my anxiety and there has also been some financial stress along the way, but I have made it all work.

6) If you have to describe you in one word, what would it be?

Dependable

7) How did your life changed when you started to work at Bloemhof High School?

Bloemhof gave me a sense of security. It has challenged me and shown me I am capable of so much more than I thought. I get to work with amazing colleagues in the office. I love working at Bloemhof.

8) What is your expectations for the future?

I am excited for the future, there is a lot I am looking forward to: my athletics, planning a wedding, starting my interviews for my masters and working more with the athletes at Bloemhof to help them be the best they can be, both in running and in life.

4M

Simoné Steyn

“Bloemhof we heard there’s something coming; we heard it’s Bloemhof coming.” Ons asems is weggeslaan deur nog ‘n besonderse 4M-byeenkoms wat vanjaar op 18 Februarie aangebied is deur ons susterskool Rhenish by Coetzenburg, Stellenbosch. Bloemhof, Girls High, La Rochelle en Rhenish het soos elke ander jaar gesorg vir uitstekende atletiek!

Bloemhof-atlete dra altyd die kroon. Die resultate was soos volg: Rhenish was in die vierde plek met 140 punte. Bloemhof kom algeheel derde met ‘n puntestand van 381 – net twee punte  agter Girls High wat in die tweede plek staan met 383. Larries wen die byeenkoms met die totale punte van 448. Die Bloemhof-atlete het 17 brons ,14 silwer en 11 goue medaljes verower. Bloemhof se atletiek kaptein, Anneken Viljoen, breek  in die 800 m die rekord. Drie individuele toekennings is ook ontvang: Zahni Smit die beste o.14-baanatleet, Elle Olivier die beste o.15-veldatleet en Anneken Viljoen die beste o.19-baanatleet. Bloemhof  kan beslis trots wees op hierdie groep atlete wat ongelooflik hard geoefen het om hierdie besonderse prestasies te behaal.  

Die lekkerste deel van die dag kan egter nie uitgelos word nie. Bloemhof het hulle harte uitgesing in vanjaar se kreet. ” Daar is niks so lekker soos om op daardie pavilljoen te staan en te sing met jou sussies langs jou in hulle blazers wat net soos joune aan jou vasplak nie!” sê Tiani Fourie in graad 10. Daar was ook ‘n klomp old girls wat vir Bloemhof in die hitte van die dag in hulle navy-blazers ondersteun het. Sommige het self “Persoonlikheid” saam met die pawiljoen kom skree. Maak nie saak hoe warm dit was nie, niemand het gekla nie, niemand het hul baadjies uitgetrek nie en niemand het ophou sing nie al het menige se stemme  hulle  later in die steek begin laat.  

Vir die matrieks het die trane maar vlak gelê en het hulle elke oomblik in ‘n foto probeer vasvang, want dit was hulle laaste 4M. Hulle het uit volle bors vir die laaste keer by 4M die skoollied gesing en het vir die laaste keer ‘n kreet  gedoen. Taylor in graad 12 beskryf haar laaste 4M soos volg 4M: ”My laaste 4M was werklik my gunsteling. Die hoeveelheid trots wat ek nie net oor die skool gevoel het nie, maar ook op ons blazers en vir die atlete en onderwysers, alles was groter en beter as vorige jare. Ek het nog nooit só erg gehuil toe ‘n 4M verby is nie. Toe Anneken Viljoen vir Cimon om die draai motiveer soos sy die eerste posisie inneem en Cimon tweede kom… Later het ons uitgevind dat hulle die wedloop saam wou eindig, maar Cimon het vir Anneken geskree om alles te gee. Hierdie susterskap is presies waarvoor Bloemhof staan. Ek gaan dit beslis mis.”

Soos die kreet lui: “Ons brand met trots, Bloemhof, dit is die laaste stryd. Ons brand met trots vir ons susters; ons staan nou sy teen sy. Ons brand met trots!”. Die skool het die atlete gedra en die atlete het die skool gedra.  

‘n Bloemhof-hoogspring atleet wat puik presteer tydens die kompetisie

Illustrasie deur Dané van der Nest