D6 CONNECT

BLY OP HOOGTE MET D6 CONNECT

Die HMS Bloemhof maak gebruik van d6+ en moedig al ons ouers, voogde en leerders aan om via d6 Connect op hoogte van skoolgebeure te bly. 

BETAAL MET D6 CONNECT

Die d6 Connect-toep laat jou toe om betalings veilig en maklik te maak. Laai die inligtingsdokument hier onder af:

D6 CONNECT OF D6-COMMUNICATOR?

Die huidige d6-kommunikeerder (“School Communicator”) word met d6 Connect vervang en vanaf 1 Maart 2020 sal alle Bloemhof-kommunikasie slegs op twee platvorms geskied:

1. Die Digitale Kennisgewingbord by www.bloemhofschool.co.za/kennisgewings 

2. d6 Connect

Ouers, voogde of leerders wat die huidige d6-kommunikeerder gebruik, moet asb. na die d6 Connect oorskakel.

HOE KRY EK D6 CONNECT?

 

1. Laai die d6 Connect (NIE d6 School Communicator nie) se toepassing vir jou rekenaar en/of slimfoon via die d6-webwerf af: https://d6.co.za/school-communication-apps/

2. Registreer as ’n nuwe gebruik met jou selfoonnommer en kies “Leerder” / “Student” as opsie wanneer dit gevra word. 

3. Sleutel jou ID-nommer en jou dogter(s) se ID-nommer(s) in.  Jy behoort ’n OTP (One Time Pin) via SMS te ontvang.

4. Sleutel die OTP in.

Ouers kan soortgelyk aan ‘n “Gemeenskap” / “Community” koppel.  Kies hierdie opsie en soek vir “Bloemhof”.  

HOE WERK "CASHLESS" OP D6 CONNECT

Met die d6 Connect het ouers meer beheer oor skoolbetalings. Laai die gebruikersgids hier onder af om te leer hoe om die Cashless-funksie op jou toep te gebruik.

VRAE WAT DIKWELS OPDUIK (FAQ'S)

V:  Is daar ’n verskil tussen d6 Connect en die huidige d6-kommunikeerder?
A:  Ja. Die nuwe stelsel wat ons in gebruik neem (d6 Connect) bied baie meer gebruikersmoontlikhede as die huidige d6-kommunikeerder. Alle ouers, voogde, leerders en personeellede word dus versoek om asb. van die ou kommunikeerder na die d6 Connect te migreer.

V:  Gaan die skool steeds die huidige d6-kommunikeerder gebruik?
A:  Nee. Tot en met 28 Februarie sal die skool alle kommunikasie steeds op die d6-kommunikeerder plaas, maar vanaf 1 Maart sal korrespondesie slegs op die skool se digitale kennisgewingbord (by www.bloemhofschool.co.za/kennisgewings) en op die d6 Connect beskikbaar wees. Vanaf 1 Maart 2020 sal die ou kommunikeerder nie meer deur die skool opgedateer word nie.

V: Moet ek die d6-kommunikeerder steeds op my rekenaar/foon hou?
A: Solank die gebruiker die d6 Connect het, is dit nie nodig om die huidige “d6 school communicator” te hê nie. Vanaf 1 Maart 2020 sal hierdie toepassing nie meer deur die skool opgedateer word nie.

V: Kan ek d6 Connect op my rekenaar of my selfoon gebruik?
A: Die toepassing kan op ’n rekenaar EN ’n selfoon afgelaai word.  Gebruik dieselfde besonderhede om dit op jou rekenaar en jou slimfoon te aktiveer.

V: Hoeveel kos dit om die d6 Connect te gebruik?
A: Die toepassing is gratis om te gebruik, maar advertensies word vertoon. Gebruikers het wel die opsie om ’n subskripsie by die d6-groep uit te neem sodat hulle toepassing  advertensie-vry is.

V: Is dit verpligtend om die d6 Connect te gebruik?
A: Dis nie verpligtend nie, maar word baie sterk aanbeveel. 

V:  Ek is op die stelsel, maar sien slegs een van my dogters.
A
Jy kan nog ’n leerder (of meer as een) “koppel” – druk op die drie strepies wat links bo op jou selfoonskerm verskyn (of klik op die plusteken aan die linkerkant van die rekenaartoepassing se skerm), kies “koppel” (of moontlik “connect” as dit in Engels is) en gebruik jou en jou dogter se ID-nommers.

V: Ek is op die stelsel, maar sien geen Bloemhof-kennisgewings nie.
A: Dit kan wees omdat jy nog nie kommunikasiekanale gekies het nie.  Druk op die klein “i” (regs onder op jou telefoon se skerm; of in die middelste grys blok op die rekenaartoep), en kies dan “Pas kanale toe” / “Customise channels”.  Hier sal jy kan kies wat jy wil sien.   

V: Die stelsel sê my ID-nommer is verkeerd.
A: Daar was ’n probleem met ons databasis, maar die fout is nou reggestel.  Maak asb. seker jy gebruik die nuutste “token” (die een wat op Maandag 27 Januarie gestuur is). As dit steeds nie werk nie, kontak asb.
 vir mnr. Stephan Meyer via e-pos by stephan@bloemhofschool.co.za.

V: Ek het nie ’n e-pos van die skool met my “token” ontvang nie.
A: Kyk of die e-pos nie dalk as gemorspos (“junk mail”) gemerk is nie. Dit is egter moontlik om sonder ’n “token” te registreer. Laai die d6 Connect se toepassing (“app”) 
HIER af en, wanneer dit gevra word, konnekteer met “leerder” of “student” in plaas van “token”. Sleutel jou ID-nommer en jou dogter se ID-nommer in. Waar ouers meer as een dogter in die skool het, sal dit outomaties die ander dogters op die gebruiker se profiel voeg. Die alternatief is om vir ’n nuwe “token” te vra – kontak asb. vir mnr. Stephan Meyer via e-pos by stephan@bloemhofschool.co.za. 

V: My “token” het verval. Hoe nou gemaak?
A” 
Op die skerm waar jy die opsies het om “Community”, “Student” of “Token” te kies, probeer om met “Student” (of “Leerder”) te registreer.  Jy gaan gevra word om jou ID en jou dogter se ID in te voer.  Die alternatief is om vir ’n nuwe “token” te vra – kontak asb. vir mnr. Stephan Meyer via e-pos by stephan@bloemhofschool.co.za. 

 V: Ek sukkel met die migrasie. Kan iemand my help?
A: Kontak gerus vir mnr. Stephan Meyer by 
stephan@bloemhofschool.co.za. Indien jy die d6 self wil kontak, stuur gerus ’n e-pos aan appsupport@d6.co.za