BLOEMHOFBOND

VRIENDE VAN BLOEMHOF

Welkom!

Ons is trots om Bloemhof ons Alma Mater te noem! Ons wil graag kontak met u behou. Besoek asb. die Bloemhofbond se aanlyn-databasis en netwerk.

Hier kan u registreer en u nuutste kontakbesonderhede opdateer. Bloemhofbond, tesame met die skool, wil u graag in voeling hou met oud-leerders en die skool.  Ons kan slegs hierin slaag indien ons oor u nuutste kontakbesonderhede beskik. Dit sal die reël van reunies soveel makliker maak! Sal dit nie wonderlik wees om gereeld die nuutste inligting van jou skool te ontvang nie?  Dit is moontlik! Registreer asseblief op MemberZone en verseker dat u deel word van hierdie inligtingsnetwerk. Nuus van alle Old Girl gesellighede en gebeurtenisse is ook op MemberZone beskikbaar.

Lidmaatskap

Wie kan lede van die Bloemhofbond word?

Lidmaatskap

Alle oud-skoliere en oud-onderwysers kwalifiseer vir lidmaatskap van die Bloemhofbond.

Koste

Wat kos lidmaatskap?

Koste

Jaarlikse lidmaatskap: R250.00

Studente: R50.00

Lewenslidmaatskap: R1500.00

Kontak

Hoe kan die Bloemhofbond gekontak word?

Koste

Stuur 'n e-pos aan
bloemhofbond@bloemhofschool.co.za

of kontak ons by
076 972 8836

Aandrokke vir leerders beskikbaar

Ons het ‘n paar mooi aandrokke by die skool wat leerders mag leen. Ons vra ‘n donasie van R50 per rok. Kontak vir Hette-Lize Marshall by 0837767735.

Stigtersdag 2023

Die Protea Hotel Stellenbosch en die Bloemhofbond het hande gevat vir 2020-2021. Die Bloemhofbond ontvang 5 % terug van u rekening vir akkommodasie, etes by “Die Wingerd” restaurant en konferensies wat gehou word. Bespreek dus vroegtydig jou verblyf om jou jaarlikse reunie of enige kuier te kan bywoon.

Om meer inligting te lees moedig ons u aan om die Bloemhofbond Alumnet-webblad te besoek en daarop te registreer.  Klik hier om dié blad te besoek.

Streekskuier

Klub Fidelis is oorspronklik gestig deur ouers en vriende van die skool wat ook graag ‘n bydrae wou lewer tot die verbetering en uitbreiding van die skool en sy tradisies alhoewel hulle nie oud-skoliere van Bloemhof was nie.

U kan lid word van Klub Fidelis met:
• Goue lidmaatskap: R10 000 eenmalig
• Lewenslange lidmaatskap: R1 500 eenmalig
• Jaarlikse lidmaatskap: R250/jaar

Die voordele van Klub Fidelis
• Bloemhof lapelwapen
• Skenker se naam op die Klub Fidelis-erebord
• Ten minste twee gesellighede per jaar
• Die wete dat ‘n bydrae tot ‘n beter opvoeding van ons kinders gemaak is.

Vir meer inligting kontak vir me. Maryna de Waal by bloemhofbond@bloemhofschool.co.za

Donasies is baie welkom.

BLOEMHOFBOND-BANKREKING

Bank: ABSA Bank
Takkode: 632005
Rekeningnaam: Bloemhofbond
Rekeningnommer: 410 181 835
Tipe rekening: Tjekrekening

Stuur asb. ’n bewys van betaling aan
bloemhofbond@bloemhofschool.co.za