ATLETIEK
Bloemhof is ‘n sterk atletiekskool. Ons neem elke jaar saam met Paul Roos Gimnasium aan die Prestige-byeenkoms teen Paarl Gimnasium, Paarl Boys’ High en Paarl Girls’ High deel. Die 4M-atletiekbyeenkoms teen Rhenish, HMS Paarl en La Rochelle is elke jaar ‘n kragmeting tussen die streek se beste dogtersatlete. Bloemhof het hierdie byeenkoms al 12 keer in 20 jaar gewen. By die Pukke Top 30-byeenkoms in Bloemfontein presteer Bloemhoffers ook elke jaar baie goed.
Bloemhof het sedert 2005 elf atlete opgelewer wat Suid-Afrika internasionaal verteenwoordig het. Daar het ook in die afgelope dekade meer as 50 Bloemhoffers op nasionale vlak deelgeneem wat vele medaljes gewen het. Ons hoë atletiekstandaarde word toegeskryf aan die buitengewone toewyding van ons atlete, asook wêreldklas-afrigting en ‘n algehele sterk spangees.
Die Janine Visser Atletiekfasiliteit by Bloemhof bestaan uit ‘n 80m tartanbaan vir naelope en ‘n 200m-grasbaan vir middel- en langafstande asook tartan vir hoogspring en verspring in.
Atletiekorganiseerder:
Atletiekorganiseerder: Zelda Botha
E-pos: atletiek@bloemhofschool.co.za
Tel: 021 887 3044
Hoofafrigter:
Suzanne Ferreira
E-pos: suzanne@bloemhofschool.co.za
- Laai die atletiekoefenrooster by www.bloemhofschool.co.za/oefentye af.
- Dit is noodsaaklik vir atlete om atletiekoefeninge getrou by te woon
ATLETIEKNUUS
Interhuis Atletiekuitslae September 2022
Interhuis Atletiekuitslae 2022 Die Interhuis Atletiekbyeenkoms se uitslae is nou beskikbaar. Klik op die skakel om dit af te laai: INTERHUIS 2022 UITSLAE
Sewe Bloemhofatlete in Wes-Kaapspan opgeneem
NUUS Sewe Bloemhofatlete in Wes-Kaapspan opgeneem Van links na regs: Simone, Lida, Alecia, Zahni, Lara, Lana, Janke-Martine. Foto: Stephan Meyer 18 leerders van die Hoër
Groot gees by 4M 2020
Die huisleiers lei die atlete-optog tydens die 4M. Foto: Stephan Meyer Drie punte… Dit is die totaal wat nodig was vir die HMS Bloemhof om
KENNISGEWINGS