AANSOEKVORM

Gr. 8-aansoeke NOU OOP

DOEN SÓ AANSOEK:

  • Aansoeke vir toelating tot die HMS Bloemhof vir 2023 open op 14 Maart en sluit op VRYDAG, 15 APRIL 2022 om middernag. Let asseblief daarop dat 15 April Goeie Vrydag is en dat die skool nie daardie dag oop sal wees nie.
  • TWEE aansoekvorms word vereis: Die WKOD-aansoek moet eerste voltooi word en daarna kan die Bloemhofaansoekvorm ingevul word.
  • Die WKOD-aansoekvorm word aanlyn voltooi – dit is vanaf 14 Maart by https://admissions.westerncape.gov.za beskikbaar. 
  • Die Bloemhofaansoekvorm (wat die koshuisaansoekvorm insluit) kan hier afgelaai word. Druk dit uit, vul dit in en heg die nodige dokumente aan.  ‘n Lys van dié dokumente verskyn op die aansoekvorm en ook hier onder; bewys van die WKOD-aansoek is baie belangrik.
  • Gee die vertroulike verslag (op die laaste bladsy in die aansoekvorm of beskikbaar om hier af te laai) vir u dogter se huidige skoolhoof om te voltooi en direk aan ons te stuur.
  • NB – plaas die volledige Bloemhofaansoekvorm in ’n koevert wat verseël kan word en dien dit, met die nodige dokumente, by die skool se hoofhek in. Aansoeke kan Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:00 daar afgegee word (vul asb. die register by sekuriteit in). Me. Adéle Uys sal daagliks die koeverte ontvang en ouers/voogde die volgende werksdag per e-pos inlig dat die aansoekvorm ontvang is.
  • Aansoeke kan ook gepos / koerier word.
    Posadres: me. A. Uys, HMS Bloemhof, Posbus 188, Stellenbosch, 7599.
    Koerieradres: me. A. Uys, HMS Bloemhof, Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch 7600. 

Aansoeke open op Maandag, 13 Maart op die WKOD-webtuiste. Aansoeke is oop vanaf Maandag 13 Maart tot Vrydag 14 April.

Die proses is as volg:

STAP 1
STAP 2
  • Die WKOD vereis dat alle aansoeke eerstens op hulle stelsel vasgelê word.  Ons versoek u vriendelik om ook die skool se aansoekvorm op www.bloemhofschool.co.za/aansoekvorm te voltooi. Aansoeke op die WKOD se stelsel open op 13 Maart 2023Die skakel om u dogter
    se aansoek op die WKOD se webwerf te registreer is: 
    https://admissions.westerncape.gov.za
  • U moet op hierdie stelsel registeer en dan inteken om alle nodige velde te voltooi. 
  • Hierdie aansoekvorm moet fisies by die skool ingedien / aan die skool gepos of gekoerier word.
  •  Aansoekvorms kan van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 16:00 by die sekuriteitshek ingehandig word. 
  • Verseker asseblief dat u ook die intekenregister voltooi.

AANSOEKVORMS:

 
Vir navrae, kontak me. Adéle UYS