Aansoeke
Aansoeke vir 2026 word ingewag
Doen nou aansoek vir 2026
DOEN SÓ AANSOEK:
- Aansoeke vir toelating tot die HMS Bloemhof vir 2026 open op 11 Maart en sluit op DINSDAG, 15 APRIL 2022 om middernag.
- Die WKOD-aansoek moet eerste voltooi word en daarna kan die Bloemhofinligtingsvorm ingevul word.
- Die WKOD-aansoekvorm word aanlyn voltooi – dit is vanaf 11 Maart by die WKOD se AANSOEKPORTAAL beskikbaar.
- Die Bloemhofinligtingsvorm (wat die koshuisaansoekvorm insluit) kan hier afgelaai word. DIT KAN VRYWILLIG VOLTOOI WORD. Druk dit uit, vul dit in en heg die nodige dokumente aan. ‘n Lys van dié dokumente verskyn op die aansoekvorm en ook hier onder; bewys van die WKOD-aansoek is baie belangrik.
- Gee die vertroulike verslag (op die laaste bladsy in die aansoekvorm of beskikbaar om hier af te laai) vir u dogter se huidige skoolhoof om te voltooi en direk aan ons te stuur. Dit is heeltemal vrywillig en sommige laerskole het reeds aangedui dat hulle dit nie gaan voltooi nie – dit is ook in orde.
- NB – plaas die volledige Bloemhofinligtingsvorm in ’n koevert wat verseël kan word en dien dit, met die nodige dokumente, by die skool in. Inligtingsvorms kan van Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 15:00 en op Vrydae tussen 08:00 en 13:00 by die skool se ontvangs ingedien word. Na-ure kan dit by die sekuriteitshek ingehandig word. Verseker asseblief dat u ook die intekenregister voltooi.
- Aansoeke kan ook gekoerier word. Stuur dit aan: me. A. Uys, HMS Bloemhof, Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch 7600.
Aansoeke vir 2026 sluit op 15 April

Hoër Meisieskool Bloemhof
Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch, 7600
Posbus 188, Stellenbosch, 7599
021 887 3044
admin@bloemhofschool.co.za
Sport & Kultuur
DOEN SÓ AANSOEK:
- Aansoeke vir toelating tot die HMS Bloemhof vir 2023 open op 14 Maart en sluit op VRYDAG, 15 APRIL 2022 om middernag. Let asseblief daarop dat 15 April Goeie Vrydag is en dat die skool nie daardie dag oop sal wees nie.
- TWEE aansoekvorms word vereis: Die WKOD-aansoek moet eerste voltooi word en daarna kan die Bloemhofaansoekvorm ingevul word.
- Die WKOD-aansoekvorm word aanlyn voltooi – dit is vanaf 14 Maart by https://admissions.westerncape.gov.za beskikbaar.
- Die Bloemhofaansoekvorm (wat die koshuisaansoekvorm insluit) kan hier afgelaai word. Druk dit uit, vul dit in en heg die nodige dokumente aan. ‘n Lys van dié dokumente verskyn op die aansoekvorm en ook hier onder; bewys van die WKOD-aansoek is baie belangrik.
- Gee die vertroulike verslag (op die laaste bladsy in die aansoekvorm of beskikbaar om hier af te laai) vir u dogter se huidige skoolhoof om te voltooi en direk aan ons te stuur.
- NB – plaas die volledige Bloemhofaansoekvorm in ’n koevert wat verseël kan word en dien dit, met die nodige dokumente, by die skool se hoofhek in. Aansoeke kan Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:00 daar afgegee word (vul asb. die register by sekuriteit in). Me. Adéle Uys sal daagliks die koeverte ontvang en ouers/voogde die volgende werksdag per e-pos inlig dat die aansoekvorm ontvang is.
- Aansoeke kan ook gepos / koerier word.
Posadres: me. A. Uys, HMS Bloemhof, Posbus 188, Stellenbosch, 7599.
Koerieradres: me. A. Uys, HMS Bloemhof, Kochstraat, Krigeville, Stellenbosch 7600.