- +27 (0)21 887 3044
- admin@bloemhofschool.co.za
- Kochstraat, Stellenbosch
Die 4M-atletiekbyeenkoms is een van die grootste dae in ‘n Bloemhoffer se skooljaar. Dit word jaarliks in Februarie gehou en Bloemhof kompeteer teen drie ander topmeisieskole: Rhenish Girls’ High in Stellenbosch en twee meisieskole in die Paar: Hoër Meisieskool La Rochelle en Hoër Meisieskool Paarl. 4M staan vir “vier meisieskole”.
Die baan- en veldatlete kompeteer om die gesogte 4M-beker terwyl die res van die leerders hulle op die pawiljoen aanmoedig. ‘n Hoogtepunt vir die leerders is om die skool se kreet aan die begin van die byeenkoms te doen – laai gerus die 2018-kreet hier af. Dit word jaarliks deur die huisleiers en dirigente geskryf en vir die skool aangeleer.
Vir die afgelope ses jaar moes die Bloemhof-span die knie voor Larries buig, en in 2018 gee die Bloemhoffers ook die tweede plek op vir ‘n gedugte span van die HMS Paarl. 2018 se 4M-puntetellings was as volg:
In 2019 bied Bloemhof die 4M aan. Die datum is nog nie bevestig nie, maar sal in alle waarskynlikheid Donderdag, 21 Februarie 2019 wees en op Coetzenburg in Stellenbosch plaasvind.
Boodskap van die atletiekkaptein: Zàn-Mari Röth
Sport het die vermoë om mense te verenig en vandag is vier topmeisieskole weer slaggereed om mekaar die stryd op die atletiekbaan aan te sê.
Daar word gesê: “Talent wins games, but teamwork wins championships.” As trotse Bloemhoffers is ons atlete vandag baie opgewonde om as een groot span weer tot die bittereinde toe vir die trofee te baklei.
Ek wens vir Rhenish, Girls’ High en La Rochelle sterkte toe. Vandag is ons dalk gedugte teenstanders, maar ons bly vriendinne – op en langs die baan.
To our coaches: Thank you for pushing us to our limits and beyond. You fuel our inspirations and desire for success.
Aan ons ondersteuners: die personeel, die diregente, Bloemhoffers, oudleerders en ons ouers: baie, baie dankie. Spaar vandag water en drink Energade, want júlle energie is ons energie. Skree julle longe uit, sing die skoollied uit volle bors en – die belangrikste – geniet hierdie groot dag op ons sportkalender.
Zàn-Mari Röth, graad 12