Bloemhof Brokkies 8/2024

Die nuutste uitgawe van ons Bloemhof Brokkies is nou beskikbaar!

In hierdie uitgawe spog ons met Isabel Lutz wat Bloemhof in Bali met haar Expo se navorsingsprojek verteenwoordig, asook Michelle Arendse wat die Nedbank Beurskompetisie wenner is. Ons wys die karakters wat die skool besoek het tydens Wêreldboekedag en deel foto’s van die dag.

Ons vier ook beide ons eerste netbal- en hokkiespanne se oorwinnings oor die HMS Paarl asook die afgelope twee weke se puik sportuitslae. In die Brokkies spog ook met ons 15 hokkiespelers wat verkies is tot Bolandspanne asook Lana Oberholzer se puik prestasie en goud by die ASA Seniorkampioenskappe. Die Stringendo Orkes se Eisteddfod uitslae word ook in die uitgawe gevier.

Laai jou uitgawe hier af en lees saam met ons:  https://bit.ly/BloemhofBrokkies3Mei