Bloemhof Brokkies se nuutste uitgawe is nou beskikbaar!

Ons kyk terug na die afgelope twee weke se pret geleenthede wat insluit die matrieks se Daslas-geleentheid asook die Junior Dans.  Ons deel ook prag foto’s en meer oor ons Herfsharmonie Musiekkonsert, ‘n hoogtepunt op die skool se kalender.

Ons spog met die eerste hokkiespan wat uitstekend by die St. Mary’s Toernooi gevaar het en deel die afgelope twee weke se uitstekende netbal- en hokkieuitslae. Die Bloemhoffers se uitstekende buitemuurse prestasies word ook in hierdie uitgawe gevier.

Prag foto’s, lekker leesstof, uitstekende uitslae en nog vele meer in hierdie uitgawe beskikbaar. Laai die uitgawe hier af: bit.ly/BloemhofBrokkies19April

Geniet die saamlees!