Die tweede uitgawe van die Bloemhof Brokkies van 2024 is nou beskikbaar!

In hierdie uitgawe spog ons met Bloemhof wat verlede week weereens deur die WKOD as die beste Afrikaanse en dubbel-medium skool in die Wes-Kaap vereer is. Ons kyk terug na die graad 11-kamp en graad 9-pretdag wat vir kosbare herinneringe gesorg het. Ons deel ook met trots ons uitstekende sportuitslae en spog met die tennisspelers wat Kavaliers en SA-spanne gemaak het.

Dit en nog vele meer, lekker lees!

Lees die uitgawe hier: Bloemhof Brokkies 2024 Uitgawe 2 – 9 Februarie