Bloemhof Brokkies (13/2023)

Bloemhof Brokkies 13/2023

In hierdie uitgawe deel ons meer oor ons drie hoofleiers met in-diepte onderhoude wat Janke Marais met elkeen gevoer het. Ons spog met Vera van der Merwe se internasionale sukses by die Ekspo in Turkye en natuurlik Simone van der Merwe se Wêreldkampioenstatus. Ons vertel meer oor Logan Marthinus se toer na Maleisië waar sy die Suid Afrikaanse o.17A-hokkiespan verteenwoordig het en spog met Milla Kotze se nuutste tennisuitslae.

Ons wys ons filmmakers en redenaars sowel as ons matrieks wat 100 pare skoolskoene vir liefdadigheid geskenk het. Ons deel ook meer oor drie graad 9’s wat hierdie vakansie alreeds die See-en-Sandkursus voltooi het.

Op die personeelfront groet ons vyf personeellede en wys ook mnr. Kitching se troufoto’s. Kry meer inligting oor ons 2024 Gholf- en Boulesdag en besigtig die hele jaar se sportprogram.

Dit, en nog vele meer in hierdie uitgawe!