Bloemhof Brokkies 12/2023
Die nuutste uitgawe van die Bloemhof Brokkies is nou beskikbaar! In hierdie uitgawe deel ons die afgelope maand se vele hoogtepunte. Ons spog met ons nasionale toekenning as een van die topskole in die land. Ons deel die lag en trane van ons matrieks se Uitstapdag en spog met ons pryswenners by die prysuitdeling. Ons deel meer oor die Interhuis en ons eerste ‘Colour Run’ sowel as die jaarlikse atletiekkamp.
Ons spog met ons Con Spirito Debatkompetisie-uitslae en ook die 19 Bloemhof-leerders wat die See-en-Sand Lewensredderkursus voltooi het. Ons wys hoe Simone die Stellenbosch Straatmyl gewen het en hoe vier van ons opvoeders die Kaapstad Marathon kafgedraf het.
Ons wys die nuwe “Bosklas” wat die 2022/2023 VRL aan die skool geskenk het en deel die pret van Woordeboekdag. Ons deel meer oor die Lane Leader Swemgala waarmee ons die swemseisoen afgeskop het en ook Huis Bloemhof se jaarlikse kersete.
Dit, en nog vele meer, in hierdie uitgawe!