Bloemhof Brokkies 11/2023

Die nuutste uitgawe van die Bloemhof Brokkies is nou beskikbaar! In hierdie uitgawe vertel en wys ons meer oor die Matriekafskeid en spog met Prof. Jansen se skrywe oor ons leerders. Ons deel foto’s van die graad 8’s se Markdag en deel meer oor die kwartaal se LWO-uitstappies.

Ons spog met ons koor én orkes se Eisteddfod prestasies en vertel meer oor die Stringendo-orkes se onlangse toer na Swellendam. Ons wys wat die VRL en HK onderskeidelik by hul opleiding geleer het en kyk wat het die graad 11-leerders by hul Besigheidsimulasie gedoen.

Ons deel meer oor hierdie jaar se JIB-kamp en ook die Welstandprogram wat gewoeker het hierdie kwartaal. Ons spog met vele sportuitslae en ook ons grootste Civviedag tot nou toe.

Dit, en nog vele meer in hierdie uitgawe!