VERVANGING VAN DAKKE: PRAKTIESE REËLINGS

Soos ons reeds voorheen aan u gekommunikeer het, begin die proses eerskomende Maandag (18 September) om ons skool se dakke te vervang.

Die volgende reëlings geld vir die tydperk:

  1. Geen motors sal op die skoolterrein toegelaat word tot verdere kennisgewing nie.
  2. Leerders kan toegang tot die skool kry deur by die koshuishek in te stap.
  3. Die hoofhek sal gesluit wees.
  4. Ouers van koshuisleerders kan egter eerskomende Maandag toegang tot die skoolterrein kry via die koshuishek om leerders af te laai vir die week.
  5. Leerders kan toegang tot die skool verkry deur die volgende ingange te gebruik: Kamer 10, Junior badkamers en K5.
  6. Die volgende areas mag nie deur leerders betree word nie: Sentrum-vierkant, Grasgang, Fonteine-vierkant en die Senior badkamers.
  7. Daar sal ook ander afgesperde areas in en om die skool aangedui word. Geen leerders mag hierdie areas betree nie.

Die bogenoemde reëlings sal aangepas word soos die proses vorder en ons sal u op hoogte hou.

Dit is vir ons belangrik om die veiligheid van ons leerders, ouers, personeel en werkers op die terrein te verseker.

Hiemee gee ons dus amptelik kennis dat die proses om die dakke te vervang vanaf 18 September sal plaasvind. Die projek sal aaneenlopend vir ongeveer nege weke duur. Daar is deeglik beplan om so min moontlik ontwrigting by beide die skool en koshuis te veroorsaak.

Alle wetgewing en reëls vir die veilige verwydering van asbes sal streng toegepas word. Die proses sal deurgaans deur ons fasiliteitsbestuurder, mnr. Gideon Janse van Rensburg, asook die vereiste kundiges gemonitor word. Daar sal geen toegang wees tot die areas waar gewerk word nie.

Baie dankie by voorbaat vir u samewerking en begrip in hierdie verband.