Fotosessie: Huidige en Oud-Bloemhofgenerasies
Was jou ma en/of ouma ook in Bloemhof op skool of op die personeel? Op Donderdag 28 September, 08:30–09:30, neem ons ‘n spesiale foto van huidige en oud-Bloemhoffers (twee geslagte of meer) vir die 150-jaar gedenkboek.
Die fotosessie sal in die skoolsaal plaasvind. Bevestig asb jul teenwoordigheid teen Vrydag 22 September op die volgende skakel: https://forms.gle/Q7Zim1At1gKavtqN9
Navrae kan gerig word aan bloemhof@tipafrica.co.za