Gratis Ekstraklasse: Wiskunde
Ons wil graag die Bloemhof dames herinner dat daar 3 dae ‘n week gratis Wiskunde ekstra klasse by Bloemhof deur Bloemhof onderwysers aangebied word (sien die tye onder).
Dit is wel die leerders se eie verantwoordelikheid om verkieslik ‘n dag voor die tyd, maar op die laatste, voor eerste pouse van ‘n gegewe dag by die onderwyser uit te kom wat hulle wil sien vir ekstra klas sodat die onderwysers hulle dag kan beplan.
Die onderwyser gaan nie noodwendig beskikbaar wees indien daar nie vooraf gereël is nie.
Maandae:
- Me. H. van der Merwe (gr. 9-12) k27
- Me. M. Whitehead (gr.8-10) (vra vir lokaal)
Woensdae:
- Me. D. Coetzee (gr. 8-12) (vra vir lokaal)
- Dr. L. de Villiers (gr. 9-12) k25
Donderdae:
- Me. I. de Villiers (gr. 8-12) k24