Ondersteuningsdrag vir Oranje

Ouers kan ondersteuningsdrag by ons Klerebank vir die Interskole teen Oranje aanskaf. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid van ‘n mussie wat spesiaal vir Oranje gemaak is teen R85 beskikbaar.

Die gewone ondersteunersdrag is ook beskikbaar om aan te skaf.

 

Let asseblief daarop dat die Klerebank met die oog op Oranje volgende week slegs van Maandag tot Woensdag (14-16 Aug) daagliks oop sal wees. Dit sal Donderdag en Vrydag gesluit wees.