Bloemhof Brokkies 8/2023

Die nuutste uitgawe van die Bloemhof Brokkies is nou beskikbaar! In hierdie uitgawe spog ons met ons Xhosa-leerders se prestasies by die Masithethe! isiXhosa Redenaarskompetisie en pik ‘n traan oor me Van der Vyver wat ons verlaat het. Ons sien uit na die Amanda Coetzer Tennistoernooi en die ITF/CAT o.14 AJTC African Junior Tenniskampioenskappe.

Bloemhof draai in hierdie uitgawe in Brittanje en ons is beïndruk met ons graad 9’s se ekspo. Ons wys die karakters wat die skool besoek het tydens Wêreldboekedag en deel foto’s van die Juniordans. Foto’s van ons matrieks se Daslas en matriektops word gedeel sowel as die hokkiespelers wat verkies is tot Bolandspanne.

Ons spog met Nina le Hanie se gimnastiek en deel sportuitslae van All Girls Bloom, Wildeklawer en die wedstryde teen Gim.

 

Lekker lees!