Vakkeusevoorligting: Graad 9

Aangesien die korrekte vakkeuse `ʼn belangrike rol in toekomstige sukses speel, wil ons u graag die geleentheid bied om u dogter by Bloemhof te laat assesseer.

`n Psigometriese assessering van ongeveer 5-6 ure wat in groepsverband aangebied word by Bloemhof tydens skoolure op Woensdag, 21 Junie 2023, sluit die volgende in:

  • Aanlegtoets (DAT-S, Gevorderde Akademiese Vorm)
  • Belangstellingsvraelys (MB-10)
  • Beroepsoriëntasie (Career Mentor)
  • Narratiewe Vraelys

Registrasie:

U kan die volledige inligtingstuk hier besigtig: bit.ly/Graad9Vakkeusevoorligting

*Let asseblief dat hierdie assessering nie verpligtend is vir enige leerder nie.