Rhodesbeurs 2024: Inligtingsessie

Die Rhodesbeurs bied aan gegradueerde oudleerders die geleentheid om aan die Universiteit van Oxford in Engeland te gaan studeer.

Ouers/leerders wat van oudleerders weet wat ’n B-graad suksesvol voltooi het en moontlik in aanmerking vir die Rhodesbeurs kan kom, word gevra om die kandidate van die Rhodesbeurs in te lig. Daar sal ‘n virtuele inligtingsessie deur die Rhodes Trust vir Bloemhof alumni sowel as ons graad 12-leerders op Dinsdag, 9 Mei 2023 om 17:00 aangebied word.

Persone wat hiervoor wil registreer moet asseblief so spoedig moontlik vir me Uys laat weet by info@bloemhofschool.co.za of telefonies by (021)887 3044.

Raadpleeg die aangehegde inligtingsbrief vir verdere besonderhede: