Bloemhof vier Wêreldboekedag op Woensdag 26 April
- 19 April 2023
- 11:12
- Kennisgewings
Trek soos enige karakter aan en maak ‘n donasie ten bate van die Jan Krielskool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes.
Hierdie Civviedag se geld sal geskenk word vir hul Ondersteuningspan.
Hier volg ‘n uittreksel van hul webtuiste:
“’n Uitgebreide ondersteuningspan is beskikbaar om die fisiese, sosiale, emosionele en akademiese behoeftes en ontwikkeling van leerders te ondersteun en bevorder asook die akkommodasie van leerders binne die skool en die kurrikullum te fasiliteer.
Die ondersteuningspan sluit persone vanuit die volgende professionele groepe in:
- Opvoedkundige sielkundiges
- Berader
- Maatskaplike werker
- Professionele Verpleegkundiges
- Arbeidsterapeute
- Fisioterapeute
- Spraak- Taal- en Gehoorterapeute
- Leerondersteuningsopvoeders
Kom ons wys vir Jan Kriel hoe groot ons Bloemhof-hart is! Maak jou donasie op d6.