Toegangsbeheer Skoolhekke: 20 & 21 April
- 18 April 2023
- 09:31
- Kennisgewings
Neem asseblief kennis dat die skool se hekke hierdie Donderdag & Vrydag (20 & 21 April) gesluit sal wees.
Dit is vir sekuriteitsdoeleindes aangesien daar ‘n groot sportbyeenkoms by PRG se Markotter Sportgronde plaasvind.
Toegangsbeheer sal by die hekke toegepas word ten einde ons ouers die geleentheid te gee om leerders op die terrein op te laai en af te laai.
Ouers wat leerders moet afhaal vir afsprake sal toegang kan verkry sowel as enige ander partye wat afsprake by die skool tydens skoolure het.
Voertuie sal streng gemonitor word om te verseker dat die insittendes wel belanghebbendes is van Bloemhof.
Dankie vir u samewerking in hierdie verband.