OUERAAND 24 APRIL: MAAK NOU ‘N AFSPRAAK
- 18 April 2023
- 12:35
- Kennisgewings
‘n Oueraand sal Maandag 24 April tussen 18:00 en 20:00 in die Sentrum plaasvind. Ouers/voogde is welkom om ‘n afspraak te maak om hul dogter(s) se opvoeders te kom spreek.
Elektroniese besprekings kan tot Donderdag 20 April om middernag gemaak word. Om te bespreek, volg die volgende stappe:
- Gaan na https://oueraand.bookem.com in u webleser.
- Klik op “Oueraand (Maandag 24 April)” en kies ‘n opvoeder uit die lys van “Team Members” (personeel verskyn alfabeties volgens van)
- Kies ‘n beskikbare tydgleuf wat u pas.
- Sleutel u besonderhede in.
- Kies “Book” om die bespreking te voltooi.
- U sal na ‘n skerm geneem word waarin die bespreking bevestig word. Om nog ‘n afspraak met ‘n opvoeder te maak, kies “make another booking”.
Navrae oor die oueraand kan aan u dogter se graadhoof gerig word.
Ons sien uit om u by die skool te verwelkom.