Bloemhof Brokkies 6/2023
Die nuutste uitgawe van die Bloemhof Brokkies is nou beskikbaar! Hierdie week deel ons meer oor ons Stigtersdag-vieringe en die Verjaardagdans vir die graad 10-12’s wat elke jaar ‘n hoogtepunt is.
Ons deel ons tennis-uitslae van die Gerrie Berner Tennistoernooi en gee ‘n terugblik op die Waterpolo-seisoen. Die Hokkie- en netbalseisoen het vinnig afgeskop en ons deel die uitslae van die vele wedstryde en toernooie waaraan ons spanne alreeds deelgeneem het. Ons deel Layla Viljoen en Vianté Rossouw se Boogskiet-prestasies en ook die Musiekdepartement se reuse sukses met hul verwerking van Mango Groove se lied: “Special Star”.
Ons groet mnr S.T Meiring en kyk na die pret van Biblioteekweek.
Lekker lees!