Belangrike Kennisgewings vanaf die Klerebank

Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende rakende die Klerebank: 

  1. Die Klerebank sal gesluit wees op Vrydag 31 Maart aangesien die skool daardie dag vroeër sluit vir die vakansie.
  2. Dit het onder ons aandag gekom dat leerders namens leerders van Rhenish kom winter-skoolbroeke aanskaf siende dat beide skole se broeke dieselfde lyk en Rhenish tans nie voorraad het nie. Dit sal nie toegelaat word nie.
  3. Die Sport Oefentops se prys verhoog van R440 na R450. Ons sal eersdaags die pryslys op ons webtuiste opdateer.
  4. Die fabriek wat ons Matriektruie brei ervaar tans tegniese probleme tesame met die uitdagings wat die voortslepende kragonderbrekings stel. Tans is die verwagte datum vir aflewering die laaste week van April. Ons sal ouers dadelik in kennis stel indien dit verander. Ons vra asseblief u geduld in hierdie verband siende dat die situasie buite ons beheer is.

Indien u enige navrae het, kan u gerus die Klerebank per e-pos kontak by klerebank@bloemhofschool.co.za