KANDIDATE VIR DIE BEHEERLIGGAAM
- 8 March 2023
- 12:27
- Kennisgewings
Ouers kan nou die ouers wat genomineer is vir die Beheerliggaam se CV’s wat hieronder aangeheg is besigtig.
Die tussenverkiesing van ouerlede vir die Beheerliggaam vir HMS Bloemhof sal op 14 Maart 2023 vanaf 07:00 tot 15:00 gehou word.
Dié verkiesing sal elektronies geskied.
Elke ouer sal, wanneer die stembusse geopen word, ‘n unieke skakel per e-pos ontvang. Ouers het dan tot en met 15:00 om op hul fone of rekenaars te stem.
Die gebruik van ‘n aanlynstelsel soos dié verseker dat elke stem anoniem bly en dat die uitslae korrek en regverdig is.
Indien daar nie ‘n kworum van stemgeregtigde ouers op 14 Maart 2023 verkry word nie, sal daar ‘n opvolgverkiesing op Woensdag 22 Maart 2023 vanaf 07:00 tot 12:00 wees.
Alle geldige nominasies van die verkiesing op 14 Maart 2023 word na hierdie verkiesing oorgedra en geen kworum vir ‘n geldige verkiesing word op 22 Maart 2023 vereis nie.
Bewys van identifikasie kan versoek word.
Dankie byvoorbaat.