WISKUNDE: Ekstraklasse
- 30 January 2023
- 11:05
- Kennisgewings
Ekstraklasse vir Wiskunde vind op Maandae, Woensdae en Donderdae middae plaas. Dit is nie lesaanbiedings nie, maar eerder ‘n geleentheid vir leerders om vrae te vra en hulp te kry met werk waarmee hulle dalk vashak. Daar is geen ekstra koste aan verbonde nie.
Die betrokke onderwyser(s) is direk na skool beskikbaar vir ongeveer ‘n uur, in die klaskamer aangedui. Indien geen leerders opdaag nie, mag dit wees dat die onderwyser nie verder vir die middag beskikbaar is nie. Leerders moet dus deur die loop van die dag vir die betrokke onderwyser in kennis stel indien hulle die middag ‘n ekstra klas wil bywoon.
Maandae:
k27 Me H. van der Merwe (gr. 9-12)
k25 Me M. Whitehead (gr.8-10)
Woensdae:
k27 Me D. Coetzee (gr. 8-12)
k25 Dr. L. de Villiers (gr. 9-12)
Donderdae:
k24 Me I. de Villiers (gr. 8-12)
Vir enige navrae kontak me H. van der Merwe per epos hanneke@bloemhofschool.co.za