Klerebank: Betaalwyses
- 26 January 2023
- 09:58
- Kennisgewings
Ouers word vriendelik daarop gewys dat slegs kontant of kaart betalings by die Klerebank aanvaar word. Indien u ‘n elektroniese betaling (EFT) wil doen moet u of die leerder die bewys van betaling verskaf alvorens items afgehaal kan word.
Dankie vir u samewerking in hierdie verband.
Vir meer inligting oor die Klerebank, besoek gerus ons webtuiste by bloemhofschool.co.za/klerebank/