Bloemhof Brokkies 30/2022
Die nuutste uitgawe van die Bloemhof Brokkies is nou beskikbaar!
Hierdie week spog ons met ons wêreldkampioen, Simone van der Merwe en deel foto’s van haar prestasies. Ons vertel meer oor ons radikale, oppie tong af redenaars en twee leerders wat in bergfietsry presteer het.
Ons deel uitslae en foto’s van die Bredasdorp top 10-Atletiekbyeenkoms en wys hoe die graad 11’s ons met ‘n skool vol poetse verlede week verras het.
Ons deel ook die oefenrooster vir die eksamen vir atletiek, swem en tennis asook die opgedateerde klerebank ure.
Lekker lees!