Bloemhof Brokkies 29/2022

Hierdie week deel ons die Uitstapdag se pret en trane en ook foto’s van die graad 11’s wat hul volwaardige rolle as ons matrieks vir volgende jaar aangeneem het deur in die skoolswembad te spring.

Ons is opgewonde oor die Kersafsluiting wat volgende Vrydag plaasvind en deel meer oor die swemspan wat alreeds aan drie galas deelgeneem het en puik gevaar het.

Ons spog met ‘n paar pronkperde (Lara Rust en Leandri van Niekerk) en deel die eksamenoefentye vir ons atlete.