Bloemhof Brokkies 27/2022
Die nuutste uitgawe van die Bloemhof Brokkies is nou beskikbaar. Wat ‘n bielie! Hierdie week se bylaag gee ‘n voorsmakie van ons Matriekafskeid wat Dinsdag plaasgevind het. Ons groet vir Pascal en spog met Melissa van der Merwe se plasing in die Boland Krieketspan. Ons deel meer oor die Stringendo en Marimba se toer na Swellendam en kyk hoe die graad 11’s Katsjieng maak. Ons deel meer oor ons Bloedskenk sukses en die wonderlike werk wat Stellumthombo doen.
Die Swellendam- en Fairmont-UWC Atletiekbyeenkomste se uitslae en foto’s is ook ingesluit. Ons deel die 2022/23 VRL se visie en missie en meer oor die Straatkunskompetisie van die PJ Olivier Kunsskool waarvoor vier van ons graad 11’s gekies is. Ons wys foto’s van Joha van Dyk se besoek aan die skool hierdie week en deel ook belangrike kennisgewings.
Lekker lees!