Gereedmaak van eksamenlokale

Die laaste akademiese dag vir die kwartaal sal volgende Vrydag (20 Mei) wees en die eksamenlokale sal aan die einde van die dag gereed gemaak word. Ons volg wel al 7 periodes, maar kloktye word effens aangepas sodat die skool steeds om 13:10 kan verdaag:

  • Register: 07:40-07:50
  • Periode 1: 07:55-08:25
  • Per. 2: 08:30-09:00
  • Per. 3: 09:05-09:35
  • Per. 4: 09:40-10:10
  • Pouse: 10:10-10:30 (geen staptyd ná pouse se klok)
  • Per. 5: 10:30-11:00
  • Per. 6: 11:05-11:35
  • Per. 7: 11:40-12:10
  • Gereedmaak van eksamenlokale: 12:10-13:10
  • Skool verdaag om 13:10