Herinnering: Oueraand 25 April 2022

Ouers/voogde word vriendelik herinner dat die spertyd waarop afsprake vir die oueraand bespreek kan word, vannaand om middernag is. As u nog nie ’n afspraak met een of meer opvoeders gemaak het nie, en ’n behoefte het om met die opvoeder(s) te gesels, bespreek asseblief vandag ’n tydgleuf.

OM ’N AFSPRAAK TE MAAK:

  1. Gaan na https://oueraand.bookem.com/ in u webleser
  2. Klik op “Oueraand (Maandag 25 April)” en kies ’n opvoeder uit die lys van “Team Members” – personeel verskyn alfabeties volgens van.
  3. Kies ’n beskikbare tydgleuf wat u pas. Ouers wat langer as 5 minute met ’n opvoeder wil gesels, is welkom om twee opeenvolgende afsprake te maak indien dit beskikbaar is.
  4. Sleutel u besonderhede in.
  5. Kies “Book” om die bespreking te voltooi.

U sal na ’n skerm geneem word waarin die bespreking bevestig word. Om nog ’n afsrpaak met ’n opvoeder te maak, kies “make another booking”.

OM ’N AFSPRAAK TE KANSELLEER:

Indien u ’n afspraak gemaak het wat u wil kanselleer, gaan soos volg te werk:

  1. Gaan na die e-pos wat u ontvang het waarin die afspraak bevesigtig word.
  2. Klik op die skakel wat u na u besprekingsbladsy sal neem
  3. Kies “Cancel Booking”  

Navrae oor die oueraand kan aan u dogter se graadhoof gerig word – kontakbesonderhede kan by www.bloemhofschool.co.za/personeel gevind word.