NUUS

Sewe Bloemhofatlete in Wes-Kaapspan opgeneem

Van links na regs: Simone, Lida, Alecia, Zahni, Lara, Lana, Janke-Martine. Foto: Stephan Meyer

18 leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof het verlede naweek (3-5 Maart) die Boland Atletiekspan by die Wes-Kaap Hoërskoolkampioenskappe verteenwoordig. Sewe van dié atlete is in die provinsiale span wat van 15 tot 18 Maart aan die SA Skolekampioenskappe in Gauteng deelneem, opgeneem. 
 
Baie geluk aan die volgende atlete:
  • Simone van der Merwe (800m dogters o.15)
  • Lida Engelbrecht (300mH dogters o.15)
  • Alecia Stander (hoogspring dogters o.15)
  • Zahni Smit (200m dogters o.17)
  • Lara Ehlers (400m dogters o.17)
  • Lana Oberholzer (100mH dogters o.17)
  • Janke-Martine Viljoen (400m dogters o.17)