Matriekuitslae 2021

Veels geluk aan die Klas van 2021 wat púik presteer het. Hier volg ’n opsomming van die uitslae:

  • 100% slaagsyfer | 98,6% slaag met matrikulasievrystelling
  • 50,4% (71 van die 141 kandidate wat die eksamen afgelê het) slaag met ’n A-simbool
  • 84,4% (119 kandidate) slaag met ’n gemiddelde B-simbool of hoër
  • KLASGEMIDDELD: 78,9%
  • 2 leerders (Anaïs Herman en Elsa-Marie van der Watt) slaag met 9 A’s
  • 2 leerders (Mia Decinti en Lily Venter) slaag met 8 A’s
  • 29 leerders slaag met 7 A’s
  • 17 leerders slaag met 6 A’s
  • 12 leerders slaag met 5 A’s
  • 16 leerders slaag met 4 A’s
  • 55,3% van die Klas van 2021 slaag dus met 4 of meer A-simbole

Punte is egter nie alles nie. By Bloemhof is elke leerder se potensiaal vir ons ’n kosbare skat wat ontdek en ontwikkel moet word. Ons is baie trots op ons top-presteerders, maar ons lig ook die hoed vir elke leerder wat gedink het sy verdien net ’n C en wat toe met ’n B geslaag het, of wat geweet het ’n C is haar beste en dit deur harde werk verwesenlik het. Veels geluk, Matrieks van 2021. Mag hierdie die begin van ’n blink toekoms wees.

#Matriekuitslae2021 #Matrieks2021 #KlasVan2021 #Bloemhof #HMSBloemhof #Bloemhofskool #HMSBloemhof2022