Afhaal van matriekuitslae en Pêrelseremonie

MATRIEKUITSLAE

Matriekuitslae word vanmiddag (Vrydag 21 Januarie) om 12:00 in die vierkant voor die sentrum bekendgemaak – die Klas van 2021 kan hul sertifikate en ’n jaarblad kom afhaal.

Indien ’n leerder nie self hier kan wees om die uitslae af te haal nie, mag ’n ouer/voog dit ook kom afteken.

Indien beide opsies onmoontlik is, word dit in die kluis gebêre totdat die leerders dit kan kom haal.

PÊRELSEREMONIE

Leerders wat ’n gemiddeld van 79.5 en hoër behaal, ontvang op Maandag 31 Januarie tydens die Pêrelseremonie ’n pêrelhangertjie. Dit vind tussen 08:00 en 08:45 in die Sentrum plaas.

Ouers is welkom om dit by te woon, maar sal daarvoor moet RSVP – meer inligting hieroor sal vroeg volgende week beskikbaar wees.